Bron: The Christian Post

Ons het as ’n span baie hard gewerk om aan die Marxistiese en kommunistiese eise van YouTube te voldoen “

Die bekende Christen-kommentator en skrywer van topverkopers, Eric Metaxas, se YouTube-rekening is geblokkeer omdat dit “waninligting verskaf” en “die presidensiële verkiesingsintegriteit skend”, berig The Christian Post.

Metaxas: “Noudat my kanaal van YouTube verwyder is, het dit vir ons duidelik geword dat hulle ons wil uitwis.”

Volgens ’n woordvoerder van YouTube is die rekening geblokkeer weens die stelsel wat jou toelaat om drie oortredings te begaan, waarna jy geblokkeer word. Die inhoud van die kanaal het glo disinformasie bevat en was strydig met die integriteitsbeleid van die platform. Die laaste strooi was ’n video van twee maande gelede waarin die skrywer, Naomi Wolf, onder meer haar kritiek op inentingspaspoorte uitgespreek het. Dit behels glo die verspreiding van mediese “disinformasie”.

Metaxas is woedend. “Ons het as ’n span baie hard gewerk om aan die Marxistiese en kommunistiese eise van YouTube te voldoen. Maar dit lyk asof hulle in ouer video’s van ons rondgegrawe het om bewyse teen ons in te oes. Soos Stalin eenkeer gesê het: “Wys my die man en ek vind die misdaad.” Die finansiële slag is groot, maar as jy die waarheid praat, kan jy nie hierdeur ontmoedig word nie. Nie een van my Bybelse helde het ontmoedig geraak en tou opgegooi nie; deur God se genade sal ek ook nie.”


10 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.