Bron: Artikel verskaf

FEBA Radio South Africa (Far East Broadcasting Association) is ’n wêreldwye mediabediening wat fokus op die verspreiding van die Evangelie van Jesus Christus na die lande wat die moeilikste bereik kan word.

Die bediening doen dit onder meer deur middel van radio-uitsendings, slimfoontoepassings, aanlyn uitsendings en sosiale media.

Ongeveer die helfte van die bediening word gewy aan opvoedkundige programme wat onderwerpe insluit soos finansies, gesondheid, gesinslewe en verhoudings. Hulle het ook ’n uitstekende en uitgebreide opvolgbediening.

FEBA saai in ongeveer 50 lande in 130 verskillende tale vir meer as 770 uur per dag uit.

Ons weet dat hierdie bediening doeltreffend is omdat hulle jaarliks 9 miljoen reaksies van luisteraars ontvang. In China is materiaal van FEBC-materiaal en programme 40 miljoen keer binne een jaar afgelaai.

FAR EAST BROADCASTING ASSOCIATION (FEBA) NOOI JOU GRAAG OM HULLE LENTE VIRTUELE ONDERSTEUNERSBYEENKOMS OP 12 SEPTEMBER OM 16:00 BY TE WOON.

Dit sal in Zoom-formaat plaasvind. Tydens die geleentheid sal jy die FEBA-span ontmoet asook sommige van die raadslede. Jy sal leer wat die radiobediening oor die afgelope aantal jare bereik het. Daar sal ook opwindende inligting gedeel word oor die verskillende internasionale bedieningsvelde om jou ’n beter begrip te gee van die omvang van die radiobediening se werk in 50 verskillende lande.

“Ons sien daarna uit om jou te ontmoet!” – die FEBA-span

As jy wil kontak maak met die FEBA-span, skakel hulle by 012 335 5708 of besoek www.febaradio.co.za


5 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.