Bron: cip.nl

30 Junie 2020

Christene maak heftig kapsie teen die produksie van die nuwe rolprent, Habit, waarin Jesus as ’n lesbiese vrou uitgebeeld gaan word. Michael Jackson se dogter, Paris, gaan die hoofrol vertolk.

Demonies en godslasterlik
Volgens die Christian Film & Television Commission van Amerika word Jesus op ’n “demoniese” en “godslasterlike” manier uitgebeeld. “Dit is pure boosheid,” het Ted Baehr aan die Christian Post gesê.

“Dit is demonies as mense – wat beweer dat hulle Christene is – ’n verhaal verfilm waar ons Skepper so verwronge en beledigend uitgebeeld word. Hulle verlei jongmense met ’n valse evangelie. Dit pure boosheid,” het Baehr gesê.

Die godslasterlike dade sluit in die uitbeelding van ’n vroulike “Jesus” met ’n homoseksuele leefstyl. Jesus se wederkoms word as ’n partytjie uitgebeeld waarin “Jesus” vir die tweede keer “uit die kas kom” (coming out party).


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.