Deur: Michael Foust
Bron: christianheadlines.com

‘n Toonaangewende bio-etikus het ’n beroep gedoen vir nuwe wette en regulasies nadat wetenskaplikes die wêreld se eerste hibriede embrio’s geskep het deur mens- en aapselle suksesvol te vermeng.

Die wetenskaplikes het hulle navorsing in April in die uitgawe van Cell gerapporteer en aangekondig dat hulle die hibriede embrio’s geskep het deur menslike stamselle in aapembrio’s te spuit, berig Nature. Die embrio’s het begin verdeel en drie van hulle het 19 dae ná bevrugting oorleef. Die hibriede embrio’s staan ​​bekend as “chimaeras”.

Die doel met die embrio’s is om medikasie op hulle te toets en miskien selfs “organe te kweek vir oorplantings in mense”, het Nature gesê.

Volgens die berig van Christian Headlines het die bio-etikus, Wesley J. Smith (’n skrywer en ’n senior navorser by die Centre for Human Exceptionalism van die Discovery Institute, het gesê die navorsing “oorskry belangrike morele grense” … Wat kan die gevolge van so ’n kombinasie wees? Ek dink nie ons moet uitvind nie,” het Smith geskryf.

Foto met vergunning: Patrick Beznoska / Unsplash


28 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.