-deur Errol Naidoo / Family Policy Institute

15 Mei 2019

Ek het verskeie boodskappe van Christen-burgers ontvang wat ontstoke is oor die Sunday Times-artikel, “Sex Lessons for Modern Grade 4s.”

Talle ouers is geskok deur onthullings dat “inligting oor joga, masturbasie en LGBTQI-kwessies by openbare skoolkurrikulums ingesluit sal word – ek waarsku al sedert 2015 oor die gevare van die ““Comprehensive Sexuality Education(CSE).

CSE is ’n program waarmee die “International Planned Parenthood Federation” (IPPF) die samelewing manipuleer sodat onskuldige kinders geïndoktrineer kan word met bisarre en hoë-risiko seksuele praktyke. CSE word aangedryf deur VN-agentskappe soos UNESCO (UNESCO video promoting sexual pleasure for 5 year olds).

Suid-Afrika is die enigste Afrika-nasie wat CSE by die VN onderskryf en ingestem het om hierdie gevaarlike en radikale seksuele regte-agenda in sy openbare skole te implementeer.

Ek het twee jaar gelede ’n petisie geloods wat die minister van basiese onderwys versoek het om CSE in SA skole te verwerp. Baie min Christen-burgers het van die geleentheid gebruik gemaak om die petisie te onderteken. Vir die regering om ons ernstig op te neem, moet miljoene van ons die petisie onderteken! (Vind hier meer uit oor CSE en onderteken die petisie, dit is vinnig en maklik om te doen: familypolicyinstitute.com/take-action/)

Die Kerk moet dringend verenig teen hierdie duiwelse agenda en onskuldige kinders teen indoktrinasie oor seks en seksualiteit deur die staat te beskerm.

CSE en ander antigesins-agendas word gedryf deur VN-agentskappe. Bid asseblief dat God ’n  beduidende deur vir Family Policy Institute (FPI) sal oopmaak wanneer ek vandag, 15 Mei, as gasspreker optree by die VN tydens die viering van Internasionale Gesinsdag. Ek sal ook die VN-komitee se vergadering op 20 Mei bywoon om my aansoek vir die VN se “konsulterende status” te finaliseer. Dit sal FPI toegang verleen om aan belangrike VN-debatte oor die gesin, ouerlike regte, die beskerming van kinders en godsdiensvryheid deel te neem.

FPI se werkslading het sedert Januarie aansienlik toegeneem. Ons finansies het egter nie tred gehou met ons werkslading nie. Oorweeg asseblief ’n vrygewige skenking om ons op die voorfront van die stryd vir geloof, die gesin en godsdiensvryheid te hou.

Besoek familypolicyinstitute.com om ’n skenking te maak.


Artikel verskaf

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.