Alles is gereed vir die Godly Revolution-herbekendstelling vanaf 17:30 tot 21:30 op Vrydag 17 Junie

Kaartjies is uitverkoop vir die regstreekse herbekendstelling van Suid-Afrika se legendariese lofprysing-, aanbidding- en jeugleierskapfees – Godly Revolution – maar jy kan steeds aanlyn via regstreekse stroming inskakel.

Kerke, jeuggroepe, skole en tuisgroepe kan ‘n regstreekse skermskakel vir R1 000 koop deur HIER TE KLIK en die regstreekse skermskakelopsie te kies. Nog inligting oor Godly Revolution 2022 is beskikbaar op die webwerf godlyrevolution.co.za en op Facebook.

Godly Revolution skop Vrydag om 17:30 af met die beste Christelike bands en kunstenaars en met die doelwit om die jeug op te hef en vir hulle hoop en diep aanbidding te bied ná twee uitdagende jare van Covid-inperkings.

Godly Revolution was die grootste Christelike jeuggeleentheid tussen 2002 en 2010, met sowat 10 000 jeugdiges wat vir agt jaar agtereenvolgens by Gallagher-landgoed (Midrand) en Heartfelt Arena bymekaargekom het. Hoewel Covid-reëls ‘n beperking ingestel het op die aantal mense wat die regstreekse herbekendstellingsgeleentheid by Choose Life Church, Moreleta Park kan bywoon, skep regstreekse stroomdienste die geleentheid vir jeug oral in Suid-Afrika om deel te wees van hierdie wonderlike geleentheid.

Eric Posthumus van Good News Factory sê dat kerke of organisasies wat as gashere optree vir die regstreekse stroomgeleentheid, die jongmense ‘n ervaring sal kan bied wat so na as moontlik sal wees as om die event in lewende lywe by te woon. “Wanneer ons dus jongmense uitnooi om hulle harte vir die Here te gee, wil ons hê julle moet terselfdertyd ook vir julle jongmense bid. Ons sal die organiseerders van regstreekse uitsendings help om dit te doen deur almal op ’n WhatsApp-groep te plaas om die geleentheid te bespreek.”

Kunstenaars en bands wat in Godly Revolution 2022 verskyn, sluit in: Metanoya, Straatlig kinders, Revelation Enterprises, C Jay, Delano Jooste, Kingdmusic en DJ Maestro.

Benewens die belangrikste regstreekse aanbiddingsgeleentheid, sal daar Vrydag van 16:00 tot 17:00 ‘n gratis sessie vir jeugpastore en jeugwerkers wees by Choose Life Church. As jy 18 of ouer is en ’n jeugleraar, jeugpastoor, evangelis, leier of jeugwerker is, kom word verfris en netwerk met ander leiers. Jy kan gratis by hierdie skakel: https://qkt.io/UiHhqg registreer

Die herbekendstelling is ‘n inisiatief van Radiokansel, I Am Youth en Good News Factory.


16 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org