-deur Errol Naidoo

Bron: familypolicyinstitute.com

23 Junie 2020

Geweld teen vroue en kinders oorheers weer eens die nuus in Suid-Afrika. Hierdie herhalende tragedie sal nooit tot ’n einde kom, tensy die regering – in vennootskap met die burgerlike samelewing – die ware kwessies wat tot die mishandeling van vroue en kinders bydra, eerlik en doelgerig konfronteer nie.

Goeie wette is belangrik in die stryd teen geweld teen vroue en kinders
Die afgelope paar weke is 21 vroue en kinders wreedaardig in Suid-Afrika vermoor. Wanneer die media oor hierdie gruweldade berig, reik regeringsamptenare gewoonlik verklarings uit en “veroordeel die geweld teen vroue en kinders”.

Hulle belowe om “wetgewing te verskerp”. Maar om strenger wetgewing in te stel, is nutteloos as daar nie goeie wette geïmplementeer of afgedwing word nie.

’n Tweede pandemie
In antwoord op die mees onlangse berigte oor geweld teen vroue en kinders, het pres. Cyril Ramaphosa geslagsgebaseerde geweld as ’n tweede pandemie verklaar. Hy het ook aangedui dat die regering honderdmiljoene gaan bewillig om die stryd teen hierdie pandemie in die land te ondersteun.

Meer as mooi woordjies word benodig
Om bloot openbare verklarings te maak en finansiële hulpbronne toe te wys om die probleem te hanteer, sal nie die probleem oplos nie. Die verskriklike tragedie wat seksuele uitbuiting, geweld en mishandeling van kwesbare vroue en kinders, is ’n nasionale skande wat baie meer gaan verg as mooi woordjies en geld.

Wat het Family Policy Institute al prakties gedoen t.o.v. hierdie probleem?
Family Policy Institute (FPI) het in November 2019 ’n brief aan die regering oorhandig waarin die  implementering van die Omvattende Seksualiteitsopvoeding, of Comprehensive Sexuality Education” (CSE) in openbare skole veroordeel word. CSE indoktrineer onskuldige kinders met aborsie en die LGBTQ-propaganda.

Navorsing dui daarop dat die seksualisering van kinders tot onderlinge mishandeling en geweld tussen kinders lei.

Ons het ook ’n memorandum aan die departement van justisie oorhandig. Daarin is ’n uiteensetting gegee van verskeie verstandige stappe wat die regering kan neem om geweld teen vroue en kinders te bekamp en te verminder. Die memorandum is geïgnoreer.

Geen positiewe rolmodelle nie
Verbrokkelende gesinne en vaderlose huise is ’n groot bydraende faktor tot sosiale verval. Dit is tragies dat die meerderheid seuns en jong mans in Suid-Afrika nie positiewe rolmodelle in hul lewens het nie.

Die ANC-regering en die DA bestee meer tyd en moeite om die agenda van die seksuele regte-beweging te bevorder, as om die gesin te herstel en te versterk. Die “regte” van radikale geniet voorrang bo dié van die gesinseenheid.

Kinders en aanlynpornografie
Boonop word ’n groot persentasie kinders in Suid-Afrika aan aanlynpornografie blootgestel. Die gemiddelde ouderdom van blootstelling aan pornografie is agt jaar. Pornografie word beskou as geweld teen vroue.

Daar is navorsing wat die verband tussen pornografie en seksuele uitbuiting en geweld teen vroue bewys. Pornografie is nadelig. Die bewyse is oorweldigend. Pornografie lei tot geweld en mishandeling van vroue.

Die regering se rol
Nietemin is die regering huiwerig om die rol van pornografie in die sosiale degradering van vroue en kinders te erken. Die huiwering is weens die regering se bande met die wêreldwye seksuele regte-beweging.

Die ANC het prostitusie tydens sy nasionale konferensie in 2017 gedekriminaliseer. Vroue (en kinders) word genadeloos in die seksbedryf uitgebuit en mishandel. Prostitute word deur georganiseerde misdaad beheer, ’n neiging wat selfs in ’n gedekriminaliseerde bedryf voortduur. Prostitusie dehumaniseer vroue en meisies omdat dit hulle as produkte aanbied.

Gevolglik is ’n regering wat versuim om die plaag van gesinsverbrokkeling en vaderlose huise te konfronteer en die hoof te bied, en die misbruik van vroue en kinders ignoreer, gedoem tot mislukking.

Eerlikheid en politieke wilskrag (nie ideologie nie) is nodig. Leë woordjies en groter begrotings (wat moontlik nie goed benut gaan word nie), is van geen waarde nie. ’n Mens kan nie ’n probleem oplos deur oor te gee nie. Ware en eerlike optrede is dringend nodig.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.