Deur: Donnelly McCleland
Bron: incontextinternational.org

Die aktiewe vulkaan, Nyiragongo, in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), het gedurende Saterdagaand (22 Mei) tot uitbarsting gekom. ’n Rivier van kokende lawa het uitgeborrel en ten minste 32 mense is dood. Volgens die Verenigde Nasies (VN) is meer as 20 000 mense dakloos gelaat en 40 mense word steeds vermis. Volgens hulpagentskappe het die lawastroom teen die oggend 17 gemeenskappe in sy pad vernietig. Die lawavloei het kort voor die middestad van Goma gestop. Nyiragongo het laas in 2002 uitgebars en het 250 mense se lewens geëis en 120 000 mense dakloos gelaat.

Ná die eerste uitbarsting het vrese dat die vulkaan vir ’n tweede keer kan uitbars, die regering genoop om ’n ontruimingsbevel uit te reik, wat veroorsaak het dat 400 000 inwoners uit hul huise moes vlug. Dokters Sonder Grense (MSF) het op Sondag 30 Mei gewaarsku dat diegene wat verplaas is, ná die vulkaniese uitbarsting, die risiko loop om verskillende siektes (insluitend cholera) op te doen, omdat hulle blootgestel word aan die elemente en naby mekaar leef. Baie van die ontheemdes bly in kerke, tempels, moskees en gemeenskapsentrums.

Volgens die VN-vlugtelingagentskap (VNHKV) huisves die DRK byna 524 000 vlugtelinge en 3 188 asielsoekers (soos op 31 Januarie 2020) en is hulle self ’n bron van meer as 918 000 vlugtelinge en asielsoekers wat in ander Afrika-lande gehuisves word (soos op 29 Februarie 2020). Daar word geskat dat 5 miljoen mense intern verplaas is (tussen Oktober 2017 en September 2019) en het hierdie onlangse vulkaniese uitbarsting dié getal laat styg.

Die DRK huisves meer as 89 miljoen mense, waarvan 91,6% bely dat hulle Christene is. ’n Medewerker van INcontext in Oos-Afrika het benadruk dat daar soveel dinge in die DRK gebeur dat ons nie “opsetlik blind” moet wees vir wat gebeur nie en dat ons hierdie voorval nie moet miskyk nie. Ons Kongolese broers en susters treur en het seer; die wêreldwye Kerk móét op ’n praktiese wyse en deur gebed betrokke raak.

Bid asseblief saam met ons vir die DRK.


2 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.