Bron: CBN News

Al hoe meer Christene en Christelike webwerwe maak alarm oor die mag van ‘Big Tech’. Hulle sien hoe groot tegnologie-ondernemings soos Amazon, Facebook en Twitter Christene stilmaak, hulle plasings verwyder en soms selfs die hele webtuiste verwyder, berig CBN News.

Die Christen- tegniese etikus, Dan Gainor, en John-Henry West, die woordvoerder van die Christelike nuuswebwerf, LifeSiteNews, het op die veranderinge gereageer wat hulle in die aanlyn wêreld sien. “Christene word derderangse burgers,” het Gainor gesê.

LifeSiteNews berig dekades lank al ongestoord oor gesinslewe, aborsies, kulturele verandering en seksualiteit. Die webwerf het baie verkeer gelok en week na week is daar miljoene keer na sy video’s op YouTube gekyk. Big Tech steek egter nou ’n stokkie voor die Christelike webwerf se invloed.

In Februarie is die eerste video deur YouTube van LifeSiteNews verwyder. Dit was ‘n video waarin ‘n Rooms-Katolieke biskop oor die koronavirus gepraat het. “Hy het net gesê dat hy persoonlik teen die entstof gekant  is omdat aborsie gekoppel is aan die ontwikkeling daarvan,” het West gesê. In ‘n verklaring het YouTube aangedui waarom hulle die video verwyder het. “YouTube laat nie toe dat vals mediese inligting oor die koronavirus op ons platform versprei word wat plaaslike gesondheidsregulasies en inligting van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) oortree nie.”

Volgens Dan Gainor van die Christelike onderwysorganisasie, TechWatch, word Christene derderangse burgers in die aanlyn wêreld. “Ons het ’n webwerf waar mense kan rapporteer as daar sensuur plaasvind. Ons het tans 1 700 tot 1 800 verslae wat hierheen kom. Dit gebeur voortdurend. Wat hulle aan Trump gedoen het, kan hulle aan ons almal doen,” het hy gesê.

Beide Gainor en Westen beveel aan om ander platforms te gebruik en dat bedreigde groepe hul eie aanlynstruktuur moet opbou. “Konserwatiewes moet hul eie infrastruktuur bou sodat hulle aanlyn kan oorleef wanneer maatskappye dit verbied,” het Gainor gesê. “Dit is baie belangrik dat daar alternatiewe is. As Christene moet ons hiervan gebruik maak,” sluit Westen af.


1 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.