Deur: Casper le Grange

Mense stel vrae om hul kennis oor ’n sekere onderwerp te verbreed, dus lys ek die mees gereelde vrae wat ek oor skuldberading ontvang.

Wat is skuldberading?
Dit is vir mense wat nie al hul skuld kan bekostig nie of wat nie genoeg geld oor sal hê vir al hulle basiese lewenskoste as hulle al hul skuld betaal nie. ’n Skuldberader assesseer die verbruiker se finansiële posisie en herstruktureer die skuld deur ’n betalingsplan op te stel wat bekostigbaar is vir die verbruiker. Skuldberading beskerm ook jou bates soos jou motor en huis.

Hoe weet ek of ek skuldberading nodig het?
Jy het skuldberading nodig sodra jy nie jou skuldverpligtinge kan nakom nie.

’n Paar tekens dat jy
skuldberading benodig:
• Jy gebruik jou kredietkaart of oortrokke
fasiliteit om jou skuld te betaal of selfs basiese dinge soos kruideniersware te koop.
• Jy leen geld om skuld te betaal.
• Jy versuim om rekeninge te betaal omdat jy nie kop bo water kan hou nie.
• Jy ontvang briewe en dagvaardigings van krediteure en/of prokureurs.
• Jy oorweeg dit om jouself onder administrasie te laat plaas.
• Jy het vonnisse teen jou vir skuld.

Is skuldberading dieselfde as om onder administrasie geplaas te word?
Nee, die verskil tussen die twee is:
• Met skuldberading is daar geen beperking vir die totale skuldbedrag nie en sluit voertuiglenings en huislenings in. Wanneer jy onder administrasie geplaas word, is daar ’n skuldplafon van R50 000
• Jy word op ’n swartlys geplaas wanneer jy onder administrasie geplaas word en dit beïnvloed jou kredietrekord negatief, selfs nadat die tydperk van administrasie voltooi is. Met skuldberading word jy slegs by die kredietburo gelys terwyl jy onder skuldberading is en jou naam word verwyder wanneer die skuld gedelg is en die skuldberader ’n klaringsertifikaat uitgereik het.
• Rentekoerse word nie verminder wanneer jy onder administrasie is nie, maar ’n skuldberader kan wel verlaagde rentekoerse met jou krediteure beding.
• Skuldberading fokus op verbruikers met bates en groter skuld, waar skuldadministrasie vir verbruikers is met ’n totale skuld minder as R50 000.

Sal skuldberading my polisse beïnvloed?
Nee, glad nie. Voorsiening word in die betalingsplan vir jou lewens- en korttermynversekeringspolisse gemaak. Rakende voertuigfinansiering spesifiek, is jy verplig om korttermynversekering op jou voertuig te hê vir die hele tydperk wat die voertuig deur die krediteur gefinansier word.
Dit baat jou niks om jou te sit en bekommer oor jou huidige finansiële situasie terwyl die probleem net vererger nie. Ek nooi jou uit om vir ons al jou vrae oor skuldberading te stuur.

Jy kan ons WhatsApp by 061 432 8499. Let wel, ons assesserings plaas jou onder geen verpligting nie en is 100% vertroulik.

CASPER LE GRANGE is ’n geregistreerde skuldberader by die nasionale kredietreguleerder. NCRDC 1560.


28 Maart 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.