Castle Milk Stout het aangekondig dat dit in samewerking met die kulturele aktivis en digte, Zolani Mkiva, en die kongres van tradisionele leiers van Suid-Afrika (Contralesa) op 8 Mei die eerste Voorvadersdag vir Suid-Afrika amptelik van stapel gaan stuur.

Hulle wil hê dat alle Suid-Afrikaners “Afrika-spiritualiteit” en die rol daarvan te vier deur landwyd aan seremonies en rituele deel te neem wat die voorvaders sal vereer.

Hierdie eerste seremonie sal in die Mathibela koninklike paleis in Bushbuckridge, Mpumalanga plaasvind waar verskillende tradisionele leiers en “erfenispraktisyns” onder streng COVID-19-protokolle byeen sal kom om die dag te gedenk.

Mkiva het ook gesê dat hulle ’n beroep op die betrokke belanghebbendes sal doen om te verseker dat die dag ook deel van die nasionale kalender word en as ’n vakansiedag gevier sal word. Hy het gesê die seremonies moet “in die gees dekolonisasie” gedoen word om die “Afrika-stem” ten goede van ons nasie te emansipeer.

Dr. Pearl Kupe het namens Global Voice of Prayer (Africa) in ’n oproep tot gebed gesê dat voorvaderaanbidding te make het die verering van dooies.

“In sommige kulture is die oortuiging dat voorouers namens die lewende nageslag kan intree as bemiddelaars tussen die mens en God. Die voorvaderaanbidding het ten doel om die voorouers se welstand en positiewe ingesteldheid teenoor die lewendes te verseker, om hulle vir hulp of gunste te vra en ’n goeie lewe te waarborg. Wanneer slegte dinge gebeur, moet die voorvaders gepaai word.” Sy het egter gesê dat die Bybel duidelik teen aanbidding van dooies is:

“Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie.” – Levitikus 19:31

“Mense sê julle moet mediums en spiritiste raadpleeg wat fluister en mompel, maar moet ’n volk nie sy God raadpleeg nie? Waarom sou ’n mens dooies in belang van lewendes raadpleeg.” – Jesaja 8:19

“Soos ’n wolk weggaan en verdwyn, so gaan ’n mens dood en kom nie terug nie, hy kom nooit terug na sy huis toe nie, en sy plek is vir altyd leeg.” – Job 7:9-10

“Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan – wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ’n gees van ‘n afgestorwene vra of ’n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie. Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die Here ’n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die Here jou God hulle voor jou uit. Opreg moet jy wees met die Here jou God. Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die Here jou God het jou nie so iets toegelaat nie.” – Deuteronomium 18:10-14

Bid vir die volgende:

1) Bid vir wysheid vir en onderskeiding vir amptenare

2) Bid vir verlossing uit leerstellings van demone

3) Bid vir gesonde leerstellings

4) Bid dat afvalligheid blootgestel word

5) Bid vir transformerende herlewing van die Here

6) 1 Samuel 5:2-4: “Ja, die Filistyne het die ark van God gevat. Hulle het dit na die tempel van Dagon toe gebring en langs Dagon neergesit. Toe die Asdodiete die volgende môre opstaan, het Dagon vooroorgeval op die grond gelê, voor die ark van die Here. Hulle het vir Dagon opgetel en op sy plek teruggesit. Die volgende dag het hulle vroeg opgestaan, en Dagon het weer vooroorgeval op die grond gelê, voor die ark van die Here. Die kop van Dagon en sy twee hande het afgebreek op die drumpel gelê, net sy lyf het oorgebly.”


3 Mei 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.