Bron: incontextinternational.org

Lazarus Chakwera het onlangs die amp as Malawi se nuwe president opgeneem. Mnr. Chakwera is die Malawi se sesde president. Hy het die mantel opgeneem nadat hy die voormalige president, Peter Mutharika, met 58,57% van die stemme verslaan het. Mnr. Chakwera sal vir ’n termyn van vyf jaar as die president dien.

Wie is Lazarus Chakwera?
Lazarus Chakwera, is ’n voormalige pastoor en die hoof van die Malawi Congress Party. Hy is in Lilongwe, die huidige hoofstad van Malawi, gebore. Twee van sy broers, wat voor hom gebore is, is as kinders oorlede. Chakwera se pa het hom die naam, Lasarus gegee, in die geloof dat hierdie seuntjie sou leef.

Mnr. Chakwera is ’n Pinkster-pastoor en was 24 jaar lank die leier van die Assemblies of God voordat hy die besluit geneem het om in 2014 die politiek te betree. Mnr. Chakwera se pa was ook ’n pastoor en hy het verskeie kerke geplant. Die president se pad as predikant was dus goed uitgelê voordat hy oorgegaan het tot die politiek.

In sy oorwinningstoespraak het die president onderneem om die probleme van armoede en korrupsie aan te pak, en ’n regering saam te stel wat “alle Malawiërs sal inspireer, dien, na hulle luister en vir hulle sal veg.” Hy het ’n beroep gedoen vir landswye eenheid en gesê hy is daartoe verbind om selfs dié te verteenwoordig wat teen hom gestem het.

Lees die volledige berig hier incontextinternational.org

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

10 Julie 2020
Foto: Deur Nkonde Mulenga/Creative Commons.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.