Bron: Christian Today

‘Die humanitêre krisis in Afghanistan wat nou besig is om te ontvou, kan in ’n volksmoord op Christene eindig as pres. Biden se administrasie nie ingryp nie,” het Mike Pompeo, die voormalige minister van buitelandse sake, volgens Christian Today gesê.

Pompeo, wat ook gekritiseer is vir sy rol in die ooreenkoms met die Taliban, het kommer uitgespreek nadat hy gerugte gehoor het van ’n Taliban-lys met die name van Christene wat opgespoor moet word.

“Omdat Moslems wat hulle tot die Christendom bekeer, ingevolge die Sharia-wet die doodstraf opgelê moet word, is die risiko van ’n volksmoord uiters groot,” het Pompeo gesê.

Daar word geskat dat daar 5 000 tot 12 000 Christene in Afghanistan is.

Pompeo het ook gevra vir gebed vir voormalige bondgenote wat ook in Afghanistan vasgekeer is.


6 September 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.