-deur Geopende Deure SA

Die 28-jarige kerkleier, Nadhir*, is ’n voormalige kletsrymer (rapper) uit Noord-Afrika. Voordat hy Jesus ontmoet het, het hy dwelms en drank misbruik en gereeld nagklubs besoek. Al het hy homself aan hierdie dinge vergryp, het Nadhir steeds sy plaaslike Moskee in Noord-Afrika besoek. Maar hy het uiteindelik heeltemal opgehou om te gaan en het deur ’n vriend uit sy kinderjare by kletsrym betrokke geraak. Nadhir en sy vriend het tydens een geleentheid teenoor mekaar te staan gekom in ’n kletsrymgeveg (’n beledigende bekgeveg om te sien wie die beste kletsrymer is). “Tydens die kompetisie het my vriend my baie slegte dinge toegevoeg. Daarom het ek agterna vir hom gesê: ‘Moet nooit weer met my praat nie,’” vertel Nadhir.

’n Lewensveranderende gesprek
Drie maande het verloop voordat Nadhir sy vriend weer gesien het. “Hy het na my toe gekom en my om vergifnis gevra vir wat gebeur het.” Nadhir het nog nooit sy vriend so iets hoor sê nie. Toe hulle gaan sit en gesels, het sy vriend hom oor vergifnis en Jesus vertel. Dit het Nadhir se lewe vir altyd verander …

Uitgeskop omdat hy ’n Christen geword het
Nadhir wou alles oor Christenskap uitvind. Hy het ’n Bybel geleen en in boeke en op die internet oor Christenskap gelees. Sy gesin het opgemerk dat hy verander het. Hy het opgehou drink en nie meer klubs toe gegaan nie. Eendag het sy ma die Bybel in sy kamer gesien. Nadhir het verduidelik dat hy nou ’n Christen is. In Noord-Afrika bring dit skande oor die gesin as jy jou rug op die Moslem-geloof keer. Sy ma wou weet hoekom hy ’n Christen geword het as sy hele gesin dan Moslems is, maar Nadhir se pa het hewiger gereageer: “Vat al jou klere en verlaat die huis. Ek wil jou nooit weer sien nie!”

Die Evangelie word uitgesaai
Met min geld het Nadhir op straat gewoon en uit vullisdromme geleef. Later het hy by ’n ander Christen gewoon en het kort daarna aanlyn na ander Christene in Noord-Afrika begin soek. Sodoende het hy sy roeping gevind. Hy het Christene deur sosiale media-groepe met mekaar verbind sodat hulle mekaar in hul isolasie kon bemoedig. Hy het spoedig oor ’n internetgebaseerde radiostasie begin uitsaai en volgers uit Noord-Afrika bygekry wat ’n honger vir Jesus het. “My verhouding met my familie was verbreek, maar God het vir my wonderlike nuwe verhoudings gegee.”

Die lewe lyk baie beter
Nadhir het verhoudings met Christene in die omgewing gebou en het ook ’n huiskerk gelei. Die vernaamste manier waarop hy nuwe Christene bereik, is egter deur sy uitsen-dings. Hy is gemaklik agter die mikrofoon en kommunikeer goed – vaardighede wat hy as kletsrymer ontwikkel het. Hy is ook in hierdie tyd getroud en alhoewel sy familie nie die troue bygewoon het nie, het hy steeds gehoop dat hulle na jare se skeiding tog versoen kon word. “My pa het my ná my troue gebel om jammer te sê. Ons is nou vriende, lag saam en praat gereeld met mekaar.”

Hulp en bystand van Geopende Deure
Nadhir is ook ’n koffieliefhebber. “Ek het ’n droom om ’n koffie-winkel te begin waar ek met nog meer mense oor Jesus kan praat.” Deur ons Geopende Deure-vennote het Nadhir ’n mikrolening ontvang sodat hy sy droom kan bewaarheid om ’n koffiewinkel oop te maak en die Evangelie van Jesus Christus te verkondig.

Bid saam met ons
Christen-mans is teikens vir vervolging omdat hulle invloed in hulle gemeenskappe het. Sluit aan by Geopende Deure om vir ons vervolgde broers te bid en hulle te ondersteun sodat hulle kan weet dat, hoewel hulle vervolg word, hulle nooit alleen is nie!


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.