Bron: Reformatorisch Dagblad

Die onafhanklike toesigraad van Facebook het Woensdag beslis dat die maatskappy binne sy regte opgetree het toe hy voormalige president Donald Trump vroeg in Januarie van die sosialemedia-platform “geskors” het, berig die Reformatorisch Dagblad

Volgens die raad het mnr. Trump tydens die bestorming van die parlement Facebook se reëls oortree deur ’n beroep te doen vir ’n “gewelddadige opstand teen ’n demokraties verkose regering”.

Hoewel die raad beslis het dat Facebook se besluit billik was, is die maatskappy oor die vingers getik omdat die raad van mening is dat die skorsing van ’n onbepaalde tyd onvoldoende gestaaf is. Eli Sugarman, een van die lede van die direksie, het gesê dit “ruik na politieke opportunisme”.

Facebook het ses maande tyd om die besluit te motiveer of die skorsing te heroorweeg.

Vir Trump is die opheffing van die skorsing ’n belangrike stap as hy ’n politieke terugkeer wil maak.

Omdat hy die afgelope paar maande nie Facebook, Instagram en Twitter kon gebruik nie, is mnr. Trump minder prominent in die politieke debat. Hy het egter aangekondig dat hy sy eie kommunikasieplatform sal loods sodat hy weer met sy ondersteuners kan skakel.


7 Mei 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.