Bron: cip.nl

28 Junie 2020

Die Koreaanse Oorlog het op 25 Junie 1950 begin. In 1953 het ’n wapenstilstand gevolg, maar die oorlog kan op enige tydstip weer opvlam. Daar het intussen 70 jaar verloop en oor dié tydperk het veranderinge plaasgevind, soos 70 jaar van kommunisme ook in Rusland meegebring het. Ondanks die verdrukking van 70 jaar, het die Noord-Koreaanse Kerk nie net oorleef nie, maar selfs gegroei.

Die aanvang van die oorlog
Toe die Koreaanse oorlog begin, was Korea reeds in twee dele verdeel, want ná die Tweede Wêreldoorlog het die Verenigde State die Suide beheer en die Sowjetunie, die Noorde.

Kim Il-sung, die oupa van die huidige leier, Kim Jong-un, was die leier van die Noorde. Hy het Christene as ’n bedreiging vir sy bewind en politieke mag beskou. Christene moes by die Arbeidersparty aanmeld. Sou hulle weier, is hulle gearresteer en na afgeleë gebiede verban of doodgemaak. Kleiner kerke moes met groot kerke saamsmelt sodat hulle makliker dopgehou kon word. Pastore moes foto’s van Kim Il-sung in hul kerke ophang.

Die kerk aan die begin van die oorlog
Die Koreaanse oorlog het op 25 Junie 1950 begin toe die Noorde vir Suid-Korea gebombardeer het. Binne drie dae is Seoel verower en teen September is die hele Suide, met die uitsondering van een stad, ingeneem. Baie Christene is ook doodgemaak, gevange geneem en gedwing om hul geloof te verloën. Kerke moes dienste hou ter viering van die oorwinning oor die Suide. Pastore wat geweier het, is gearresteer en vermoor.

Skietstilstand
In September 1950 land troepe onder leiding van die Verenigde Nasies (VN) in die suide. Die voorste linie is teruggestoot, en teen die einde van Oktober het die Noorde nog ’n paar gebiede in die Noorde beheer. Beide Seoel en Pyongyang was onder die VN se beheer.

’n Maand later het die situasie drasties verander. Die Chinese leër het besluit om die noorde te ondersteun. Die voorste linie het suidwaarts beweeg. Pyongyang het in die hande van die kommuniste beland en Christene is gevange geneem en tereggestel. Uiteindelik is daar op 27 Julie 1953 op ’n skietstilstand ooreengekom. Al twee lande het hul eie regering gekry.

Die kerk ná die oorlog
Gedurende die oorlog is meer as 1 700 Christene in Noord-Korea vir hul geloof doodgemaak. Voor die oorlog was daar ongeveer 3 000 kerke in Noord-Korea. Ná die oorlog was nie een enkele kerk meer oop nie. Baie kerkgeboue is gesloop en ander is in skole verander. Alle kerkbesittings is gekonfiskeer.

Voor die oorlog het 300 000 Christene in die noorde gewoon. Ná die oorlog hoogstens 200 000. Elke Christen het drie keuses gehad: vlug na die suide, beoefen jou geloof in die geheim, of verloën jou geloof. Duisende Christene en kerke het “ondergronds” gegaan. Die oorlewende Christene het ’n vurige geloof en baie van hul kinders is ook Christene.

Kerkgroei
Die Kerk in Noord-Korea het nie net 70 jaar van verdrukking oorleef nie, maar groei selfs ook. Geopende Deure skat dat daar tussen 200 000 en 400 000 Christene is. Maar die werklike getal kan baie hoër wees.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.