-deur Patrick Simons

22 Augustus 2019

Vandag (22 Augustus) is deur die Verenigde Nasies (VN) as die internasionale dag verklaar om slagoffers van geweld weens godsdiens- of geloofsoortuiging te herdenk. Die VN hoop om wêreldwyd die aandag te vestig op die vervolging van Christene en gelowiges van ander gelowe.

Daar moet vandag besin word oor die toenemende geloofsverwante geweld. Geopende Deure is baie bly oor die stap. Dan Ole Shani, die internasionale leier van die organisasie, sê op die organisasie se webtuiste: “Dit is goed om onsself te herinner aan mense wie se lewens deur geweld omgekeer is, bloot omdat hulle aan ’n ‘verkeerde’ godsdiens behoort of omdat hulle het geweier om afstand te doen van hul geloof. Ons doen ‘n beroep op die wêreldwye kerk om die vervolgde Kerk by te staan en te ondersteun.

Onlangse navorsing deur die BBC toon dat tot een uit elke drie mense in die wêreld te doen het met vervolging vir hulle godsdiens. Christene is die groep mense wat die meeste vervolging verduur.

Verskeie organisasies meld al jare lank dat vervolging van Christene aan die toeneem is met betrekking tot getalle sowel as die intensiteit daarvan. Dit is deels te danke aan die groei van ekstremistiese Moslemgroepe. Die oorgrote meerderheid Christen-vervolging vind in Islamitiese lande plaas.


Bron: cip.nl

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.