Deur: Donnelly McCleland
Bron: incontextinternational.org

Duitsland se kanselier, Angela Merkel, het Sondag 18 Julie finansiële hulp belowe nadat sy een van die gebiede besoek het wat die ergste deur die swaar reënval en oorstromings in Duitsland geraak is.

Dit is díé land se ergste natuurramp, in byna ses dekades, waarin minstens 157 mense dood is en nog tientalle vermis word. Die minister van finansies, Olaf Scholz, het aan die weekblad Bild am Sonntag gesê dat die Duitse regering meer as 300 miljoen euro in onmiddellike hulp en nog miljarde euro’s bewillig om ineengestorte huise, strate en brûe te herstel.

Peter Altmaier, die minister van ekonomiese sake, het ook gesê dat daar ’n korttermyn toelaag van 10 000 euro kan wees vir ondernemings wat deur die impak van die oorstromings, sowel as die COVID-19-pandemie geraak is.

Die verwoestende oorstromings in Europa het op Woensdag (14 Julie) begin en het veral die Duitse deelstate Rynland-Palts en Noord-Rynland-Wesfale, sowel as dele van België geraak – sommige gemeenskappe was totaal afgesny, sonder krag en kommunikasie. Kragtige vloedwater het eens skilderagtige bergdorpies oorstroom en meegesleur. Ander lande wat geraak is, sluit Oostenryk, Switserland, Luxemburg en Nederland in.

Duitsland is die tuiste van ongeveer 83 miljoen mense, waarvan 65,5% bely dat hulle Christene is. Onder diegene wat op die noodsituasie gereageer het, was ’n Rooms-Katolieke biskop, vader Meyrer, wat die werk van die betrokke vrywilligers geprys het en gesê het dat “die helpers baie ywerig was en daar oor die algemeen ’n groot mate van gewilligheid om te help was”.

Matteus 5:16 sê: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Dit is die Kerk se voorreg om in tye van krisisse met vriendelikheid, hulpverlening en “goeie werke” te reageer – want in die donkerte van ’n krisis kan die lig en liefde van Christus duideliker gesien word deur diegene wie se harte koud teenoor Hom geword het. Mag hierdie huidige krisis ook só ’n tyd wees, wat baie meer mense tot ’n verhouding met Christus dring, tot eer en verheerliking van God!

Bid asseblief saam met ons vir Duitsland.

Foto: Skermskoot – stirileprotv.ro


21 Julie 2021

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.