-deur Mark Biltz

11 Julie 2019

Daar was ’n tyd toe die meeste mense hulle sekere beroepe kon voorstel wat deur masjiene, tegnologie of kunsmatige intelligensie vervang sou kon word.

Werk as model was waarskynlik nie een van daardie beroepe nie, maar dit het nou verander.

Spark CGi beweer dat dit die eerste maatskappy is wat ’n 100% gerekenariseerde vroulike model het wat deur ’n groot internasionale modelagentskap in diens geneem is. Die 19-jarige “Daisy” het ’n kontrak geteken met Lipps LA. Die modelagentskap verteenwoordig modelle en bekendes soos Cardi B, Charlie Puth, Courtney Love, Helena Christensen en Tyga, om ’n paar te noem.

As ’n model deur kunsmatige intelligensie en tegnologie geskep kan word, waarom nie die Antichris nie?

Dit is heeltemal moontlik, sê die pastoor en skrywer – Mark Biltz – wat oor kunsmatige intelligensie en die moontlikheid van ’n tegnologie-gedrewe Antichris skryf in sy nuwe boek, Decoding the Antichrist and the End Times: What the Bible Says and What the Future Holds.

“In hierdie era van kunsmatige intelligensie,” skryf Biltz “wonder party mense of die Antichris dalk ’n tipe super-intelligente hibriede menslike ‘cyborg’ kan wees.”

Kenners waarsku oor die kwaadwillige gebruik van kunsmatige intelligensie soos byvoorbeeld hoe diktators outonome hommeltuie – toegerus met gesigherkenningstegnologie en wapens – kan gebruik om hulle politieke teenstanders uit te wis. CNBC het verlede jaar berig dat ’n deskundige verklaar het “kunsmatige intelligensie kan biljoene keer slimmer wees as die mens” en dat ons in die toekoms dalk met rekenaars sal moet “saamsmelt” om te kan oorleef.

“Tydens die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos in 2018 het professor Yuverk Noah Harari, hoogleraar en topverkoper outeur, oor die nabye toekoms gepraat,” het Biltz voortgegaan. “Hy het basies gesê hierdie generasie is die laaste geslag homo sapiens.” Die wetenskaplikes is van mening dat daar binne die volgende honderd jaar ’n ander “spesie” kan ontwikkel. Dit gaan nie bloot net oor data van rekenaars of van elektronika nie, maar die vermoë om ook mense se biometriese data te gebruik.

“Die belangrikste element wat in gedagte gehou moet word,” sê Biltz, “is nie om uit te werk wie die Antichris sal wees of in watter vorm dit sal kom nie, maar om te weet hoe die Antichris funksioneer en wat sy doelwitte is.

“Die gees van die Antichris is een van wetteloosheid – nie net met betrekking tot die wette van die wêreld nie, maar teenkanting van God se wette.” het Biltz gesê. “As ons God se wette verontagsaam of in die asblik van die geskiedenis gooi, is ons in groot moeilikheid. Ek glo dat ons werklik besig is met die laaste hoofstuk van die wêreld. Ek maak nie aanspraak daarop dat ek weet hoeveel bladsye daar nog in God se draaiboek oor is nie, maar dié wat oë het om te sien en ore om te hoor wat die Gees van God sê, weet dit is tyd om hulle tasse te pak – geestelik gesproke.”

Foto: Pixabay / Angel-Kun)


Bron: charismanews.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.