Bron: Morning Star News

‘n Viëtnamese groep huiskerke vrees dat hulle meer vervolging sal ly ná ’n uitbreking van die koronavirus.

’n Groot uitbreking blyk sy oorsprong by die Revival Ekklesia Mission (REM) te gehad het, ondanks die charismatiese gemeente wat gesê het dat hulle net in baie klein groepies en aanlyn vir kerkdienste bymekaargekom het, berig Morning Star News.

Nadat twee lede van die gemeente positief getoets het vir COVID-19, is ’n noukeurige ondersoek na die bron en kontak begin. As gevolg hiervan het 211 lede van REM positief getoets vir die virus. Viëtnam het ’n streng koronabeleid waarin soveel as moontlik mense getoets moet word as ’n uitbreking vermoed word. Alle REM-lede in Ho Chi Minh-stad en die twee takke van REM in Hanoi is byvoorbeeld getoets. Niemand het egter hier besmet geraak nie, maar Christene is bekommerd oor die moontlike toename in vervolging van die groep Christene ná die uitbreking.

Gelowiges in Viëtnam vrees dat owerhede, wat reeds ’n besonder negatiewe houding teenoor Christene het, die REM-uitbreking sal gebruik as ’n rede om huiskerke aan strenger koronamaatreëls e onderwerp. Die adjunk-premier Truong Hoa Binh het niks goed te sê oor die charismatiese huiskerke nie: “REM is slegs ’n vereniging , nie ’n godsdiens nie.”

In werklikheid is REM, volgens Morning Star News, ‘n geloofsgemeenskap wat deur Christene wêreldwyd erken word. REM word selfs ook deur die hoofsaaklik negatiewe staatsmedia as ’n kerk bekou en nie ’n vereniging nie.

Viëtnam is in die 19de plek op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van Christelike vervolging. Dit is nie maklik om vir jou geloof as Christen op te staan in hierdie land nie weens die vyandiggesindheid teenoor godsdiens wat deur die voormalige kommunisme aangewakker is. Daarbenewens word Christene wat hulle van Boeddhisme bekeer het, dikwels in hul gemeenskappe vervolg omdat hulle hul vorige geloof laat vaar het en besluit om Jesus te volg. Volgens die hulporganisasie vir vervolgde Christene kan hulle met dreigemente, diskriminasie, uitsluiting of geweld te doene kry.


7 Junie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.