Bron: Morning Star News

Radikale Moslems het naby Lahore, Pakistan, op Christene se huise en ’n kerk geskiet. ’n Slagoffer, Asif Masih, het met Morning Star News gepraat oor die verskriklike gebeurtenis. “Ek het vir my kinders geskreeu om binne toe te kom, toe ek sien hoe die Moslems hulle gewere op die kerk rig,“ het die Pakistanse Christen gesê.

Volgens Masih het die gewapende mans toe die huise van die Christene wat rondom die kerk woon, geteiken. Masih is in die bene getref. In totaal is minstens vier aanbidders beseer, onder meer ook ’n swanger vrou. “Ek kon myself skaars na binne sleep en my hek sluit. Intussen het hulle aanhou skiet,” het die Christen gesê. “Ek het gehoor hoe hulle skree dat hulle geen Christen in die omgewing sou spaar nie en die kerk tot op die grond gaan afbrand.”

Verskeie plaaslike inwoners het die polisie ontbied. Die beamptes het byna ses uur later eers opgedaag. Volgens Masih is die polisie lui om Moslems, veral invloedryke mense wat by hierdie aanval betrokke was, te vervolg. “Ons hele buurt lê vol patroondoppies, maar die polisie weier om dit as ’n aanval te registreer,” het Masih gesê. “Die polisie beskerm die gewapende mans omdat hulle Moslems is en ons arme Christene is.”

Die polisie sê dat hulle inderdaad opgetree het. “Ons het drie mans gearresteer en werk aan verdere arrestasies,” het woordvoerder Muhammad Azeem gesê. “Ons sal by die kern van hierdie saak uitkom. Die feite sal uit die ondersoek na vore kom.”

Christene in Pakistan staar ernstige vervolging in die gesig wat alle aspekte van die daaglikse lewe raak. Hulle is derdeklasburgers in die land en vind dit moeilik om werk te vind en word ook vervolg. As Pakistanse Christene na die polisie gaan, kan dit tot weens korrupsie en die streng Islamitiese wetgewing tot hulle nadeel strek.


15 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.