Deur: Geopende Deure SA
Bron: opendoors.org.za

God het ’n ontwerp en doel in gedagte gehad toe Hy die gesinseenheid geskep het –  ʼn ruimte waar Sy liefde ervaar en uitgebeeld kan word. Om as gelowiges oor  ʼn veilige hawe te beskik waar ons as  ʼn geloofsfamilie Christelike waardes kan uitleef, is iets wat gekoester moet word. In Suid-Afrika geniet ons dié voorreg, maar vir baie Christen-gesinne reg oor die wêreld is dit nie die geval nie.

In talle wêrelddele word Christen-gesinne blootgestel aan vervolging deur ongelowige families en gemeenskappe wat dié strydbyl opneem. Baie gelowiges word deur dié ongelowiges verstoot en in sommige lande selfs beskou as wetsoortreders wat die ouer garde teenstaan en tradisies verwerp.

Die vyand gebruik vervolging as ’n instrument om die Christelike gesinseenheid af te breek vanweë die belangrike rol wat elke familielid in die Liggaam van Christus speel. Dit laat gelowiges kwesbaar en getraumatiseerd, maar ten spyte hiervan, bly vervolgde gelowiges reg oor die wêreld vasbeslote om sterk te staan vir Jesus.

Hoofde van die Huishoudings

Vervolgers teiken Christen-mans, as eggenote en vaders en gesalfdes van huishoudings om die Christen-gesinne so af te breek.

“Dit is ’n eenvoudige beginsel: dood die leier en wen die stryd,” sê ʼn Indiese kundige. Deur mans te teiken, kan vervolgers die breër Christen-gemeenskap leed aandoen. As voorsieners van gesinne word hulle ontneem van die reg om vir hulle gesinne te kan sorg. Deur mans vir moordbendes en kriminele groepe te werf, hulle te ontvoer of dood te maak, word gesinne en gemeenskappe dikwels getraumatiseerd en weerloos gelaat.

Christen-mans word deur tronkstraf of die dood as die beskermheer van gesinne verwyder en vroue en kinders word hierdeur baie meer kwesbaar vir aanvalle. Ondanks al die teenstand, bly Christen-mans getrou. Vir deurbrake in dié situasies vra hulle die Here vir hulp en dit kom dikwels in die vorm van ander gelowiges, vennote van die Kerk of van Christelike organisasies soos Geopende Deure.

Versorgers in Geloof

As die een wat almal in die huishouding koester en versorg, dra die Christen-vrou ʼn kruis swaarder as enigiemand anders. Sy word nie slegs geteiken vir haar geloof in Jesus nie, maar ook weens haar geslag. Christen-vroue word ook seksueel geteister. Dit is veral van toepassing op kulture waar seksuele kuisheid onlosmaaklik met die eer van ’n familie verbind word. Reinheid is van groot belang. Deur dié vroue seksueel uit te buit deur ontvoering en gedwonge huwelike, word die Christen-bevolking se groei gestuit.

Vroue is ook as versorgers in huise gewoonlik diegene wat die Evangelie na die volgende geslag oordra. Weens geloof in Jesus Christus as die Verlosser leef hulle ook saam met die wete dat hulle dikwels van kinders en mans geskei kan word. Baie Christen-vroue staar verskillende vorme van vervolging in die gesig. Tog gaan hulle voort om gesinne geestelik te versterk en te midde van die teenstand bly hulle standvastig en sterk in geloof.

Die volgende geslag

Kinders is ’n seën van die Here. Weens die potensiaal om die Kerk te laat groei en die Woord te versprei word hulle ook kwesbare teikens van vervolging. Hulle loop ook gevaar om van ouers en familie geskei te word. Met dié werkwyse weet vervolgers die Kerk sal in die komende geslagte moontlik kan verswak.

Seuns staar bedreiging in die gesig van gewelddadige fisiese aanranding; óf om in militante groepe óf gewapende bendes gedwing te word om as soldate opgelei te word.

Meisies word ontvoer, in huwelike gedwing. In sommige lande word hulle gedwing om te leer van die land se dominante geloof as ’n manier om die Christen-geloof ʼn verdere nekslag toe te dien.

Benewens die volgehoue ​​diskriminasie, verwerping en vervolging deur portuurgroepe, kan ‘n behoorlike opvoeding vir dié jongelinge geweier word. Onderwys bepaal ’n kind se pad na finansiële en sosiale sekuriteit, waarsonder die nuwe volwasse geslag selfs meer kwesbaar sal wees vir talle vorme van diskriminasie. Sodoende word die hand verstek van diegene wat die Christelike geloof vyandig gesind is. Tog, só jonk soos wat die kinders is, bly hulle moedig en standvastig in die geloof.

Ondanks die vervolging, diskriminasie en verwerping wat hulle in die gesig staar, steun ​​vervolgde Christen-gesinne op God se Woord. Geloof bly vir hulle ʼn bron van hoop waaraan vasgehou kan word te midde van die stryd. Dit is in Jesus wat elkeen van hierdie familielede vrede vind, maar hulle het jou gebede nodig!

Hier is hoe jy vir vervolgde gesinne kan bid:

  • Bid dat Christen-gesinne wat vervolging en verlies van geliefdes ervaar, krag en vertroosting in die Here sal vind en aan Sy beloftes herinner sal word. Bid dat hulle deur liefde en gebed gebonde en standvastig sal bly in geloof.
  • Bid vir vaders en moeders van huishoudings binne die vervolgde Kerk. Bid dat God aan vaders die wysheid sal gee om hulle gesinne te lei op die weg van God se leringe. Bid dat Hy moeders sal versterk om getrou te bly en sal help om die warmte van hul liefde en geloof uit te brei deur gebed en dade.
  • Bid vir kinders om sterk te staan en die Here se weë te leer deur ouers se getroue optrede en God se Woord. Bid dat die Here se leringe in hul harte sal wortel skiet en in alle gedrag weerspieël sal word.

Vervolgde gesinne reg oor die wêreld het jou gebede en ondersteuning nodig. Jy kan ’n geloofsheld wees deur ’n saadjie van geloof en hoop te saai. Jy kan help om in hul dringende behoeftes te voorsien deur Bybels, Bybelse opleiding, traumasorg en noodhulp te verskaf. Klik hier om die lewens van baie vervolgde gesinne wêreldwyd te verander en om seker te maak dat alhoewel hulle vervolg word, hulle nooit alleen staan nie.


23 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org