-deur Gillian Fraser

Bron: facebook.com

26 June 2020

Die trefferrolprent van 2004, The Passion of the Christ, gaan binnekort opgevolg word met nog ’n rolprent oor Christus. Dit sal op die gebeure fokus wat tussen die kruisiging en die opstanding plaasgevind het.

Hoogste verdienste ooit
The Passion of the Christ is die Amerikaanse rolprent met die hoogste verdienste ooit, met $370,8 miljoen (R6,5 miljard)! Wêreldwyd het dit $611 miljoen (R10,7 miljard) verdien. Maar die belangrikste van alles is dat dit wêreldwyd baie siele bereik het.

Uit sy eie sak betaal
Mel Gibson het $30 miljoen (R523 miljoen) uit sy eie sak betaal vir die produksie omdat geen ateljee die projek wou aanpak nie.

Die prys om die rol te vertolk, was hoog
Jim Caviezel is gewaarsku om nie die rol van Jesus te vertolk nie omdat dit sy loopbaan sou verwoes.

Tydens die verfilming het Caviezel 20 kg verloor, hy is deur weerlig getref en twee keer per ongeluk met ’n sweep geslaan – wat ’n litteken van 35 cm agtergelaat het. Hy het ook sy skouer ontwrig, aan hipotermie gely en longontsteking ontwikkel nadat hy ure lank bykans nakend aan ’n kruis gehang het.

Sy liggaam was so oorwerk en uitgeput nadat hy die rol vertolk het dat Caviezel ná die produksie twee opehartoperasies moes ondergaan!

Die kruisigingstoneel het vyf weke van die twee maande lange verfilmingstyd geneem.

’n Getuie vir Christus
Jim Caviezel verkondig trots sy geloof in Christus te midde van die goddeloosheid van Hollywood.

Dank die Here vir mense soos Caviezel wat gewillig is om dit te doen, die Woord van God te help verkondig.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.