Deur: (International Christian Concern)
Bron: www.persecution.org

Die Verenigde State se Kommissie vir Internasionale Godsdiensvryheid (USCIRF) het op sy jongste feiteblad uitgebrei oor die “verskriklike gevolge vir Christene as hulle deur die Taliban ontdek word. Die inligting kom op ’n tydstip dat talle verslae en internasionale stemme ernstige kommer uitspreek oor die Taliban se behandeling van godsdiensminderhede sedert die chaotiese onttrekking van Amerikaanse troepe verlede jaar.

Dekades lank het Afghaanse Christene in vrees vir hul lewens geleef aangesien die oorweldigende meerderheid van die Christen-gemeenskap, wat ongeveer 8 000 tot 12 000 gelowiges is, voormalige Moslems is. Hulle is dus onderworpe aan Sharia se dodelikste strawwe soos vertolk deur die Taliban.

Aan die begin van die Amerikaanse troepe se onttrekking en die Taliban-oorname het verslae opgeduik van talle Christene wat telefoonoproepe en dreigemente ontvang het.

“Christene het telefoonoproepe ontvang, terwyl een leier van ’n huiskerknetwerk ’n brief van Taliban-militante ontvang het wat hom en sy gesin gedreig het. Sommige Christene het hul fone afgeskakel en na onbekende plekke verhuis,” het die kommissie gesê.

Die Kerk funksioneer as ’n los netwerk van huiskerke in die land en doen dit in byna volkome geheimhouding as gevolg van hul besluit om Islam te verlaat en Jesus te volg.

Die USCIRF-feiteblad verklaar: “Hoewel die toestande vir godsdiensvryheid in die land reeds sleg was onder die vorige regering, het hierdie toestand nou vererger onder die Taliban-bewind en sal dit waarskynlik voortgaan om te versleg.”

Foto slegs ter illustrasie. unsplash.com


 

8 Januarie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org