Deur: Pearl Kupe

Ons sien die begin van ’n wêreldwye tendens om inentingpaspoorte ’n verpligte voorvereiste te maak. Talle regerings en nasies oorweeg dit om ’n vereiste in te stel dat burgers inentingspaspoorte moet hê om te bewys dat hulle teen COVID-19 ingeënt is. Lande soos Israel is besig om planne in werking te stel vir inentingspaspoorte wat hulle burgers slegs toegang tot sekere plekke sal verleen as hulle kan bewys dat hulle ingeënt is. Dit sal tipies ’n voorvereiste wees waar skares mense vergader: kroeë, bioskope, gimnasiums, stadions en ander soortgelyke plekke.

Sommige lande gaan selfs so ver om die moontlikheid te ondersoek vir inentings-paspoorte as voorvereiste om te kan reis. Dit sou beteken dat jy toegang tot sekere lande geweier kan word as jy nie ’n geldige in-entingspaspoort het nie. Die Europese Unie (EU) het planne aangekondig om ’n “Digitale Groen Sertifikaat” in te stel wat vrye beweging binne die EU sal bevorder.

Geen rede vir COVID-inentingspaspoorte nie
Volgens Statistieke Suid-Afrika was die getal sterftes wat in 2017 aan VIGS toegeskryf kon word 126 755 of 25,03% van alle Suid-Afrikaanse sterftes. In 2019 het die Wêreldgesondheidsorganisasie 360 000 gevalle van tuberkulose (TB) in Suid-Afrika gerapporteer. Ten tyde van ter perse gaan het die getal COVID-sterftes in Suid-Afrika oor die afgelope 14 maande tussen 50 000-60 000 te staan gekom. Die COVID-19-syfers verteenwoordig dus minder as die helfte van die totale aantal sterftes wat aan MIV/Vigs toegeskryf kan word en ongeveer 14% van die totale Vigs-sterftes.

Waar is die inentingspaspoorte vir TB en ander aansteeklike siektes?
Ondanks die syfers vir hierdie siektes wat aansienlik hoër is, is daar nog nie op MIV/Vigs- of TB-paspoorte aangedring nie. Tuberkulose is net so aansteeklik of selfs nog meer aansteeklik as COVID-19. Tog word nasies nie deur inperkings beheer wanneer TB in ’n individu of in ’n geïdentifiseerde gebied gediagnoseer word nie. Dit is die TB-lyers wat van die res van die publiek afgesonder word totdat hulle nie meer aansteeklik is nie. Bogenoemde scenario is nie net geldig vir Suid-Afrika nie, maar ook in baie ander lande. Daar is geen wetenskaplike grondslag om inenting of inentingspaspoorte te vereis nie. Instansies soos die Nasionale COVID-raad kan nie net reëls uit die duim suig nie. Hulle moet geloofwaardige en wetenskaplike bewyse lewer om die maatreëls te staaf wat hulle vir die inperkingsvlakke as COVID-regulasies instel en waarop hulle alle verwante besluite grond. Hierdie inligting moet vir die algemene publiek toeganklik en beskikbaar wees. Deursigtigheid en verantwoordbaarheid moet die modus operandi vir enige sogenaamde demokratiese regering wees. Die aantal mense wat jaarliks ​​aan griep sterf, oortref die aantal mense wat aan COVID gesterf het. As lande dus op COVID-paspoorte gaan aandring, sal hulle daardie optrede moet regverdig deur te vereis dat individue ook paspoorte vir TB en ander aansteeklike siektes het.

Grondwetlike regte moenie geskend word nie
Die grondwet van ’n nasie is die belangrikste wet van die land. Dit bevat bepalings wat streng gehandhaaf moet word. Hoofstuk twee van Suid-Afrika se Grondwet bevat die Handves van Regte, wat die burgerlike, politieke en sosio-ekonomiese regte van alle mense in Suid-Afrika beskerm. Hierdie regte bind alle vlakke van die regering. Sommige bepalings handel oor onbillike diskriminasie en het ten doel om sulke vergrype te verhoed. Sou Suid-Afrika ooit probeer om inenting verpligtend te maak, moet die regering verwag dat burgerlikesamelewingsorganisasies, kerke en godsdiensorganisasies hofsake aanhangig sal maak oor die skending van hierdie regte wat in die Grondwet verskans is.

Vertroulikheid van mediese rekords
Vir inentingspaspoorte om werklik slaankrag te hê, sal amptenare groter toegang tot individue se mediese rekords moet hê. Dit is in stryd met vertroulikheid. Elke individu het die reg op privaatheid en vertroulikheid – veral wat mediese rekords betref. Hierdie reg kan slegs onder baie spesifieke en spesiale omstandighede ter syde gestel word. Daar kan aangevoer word dat as TB, MIV en SARS nie onder hierdie spesiale omstandighede val nie, COVID-19 sekerlik ook nie aan hierdie “spesiale omstandighede” onderhewig is nie.

Voetboeie en veiligheidsarmbande
In sommige lande is gesprekke al so ver gevorder dat die behoefte aan ’n elektroniese moniteringstelsel soos ’n enkelband of ’n veiligheidsarmband, wat toegang tot sekere gebiede moontlik maak, onder bespreking is. Dit sal daarop neerkom dat mense soos misdadigers behandel word. Slegs mense wat op borgtog uit is, onder huisarres is of gevangenes wat van een gevangenis na ’n ander vervoer word, dra sulke enkelbande en veiligheidsarmbande. Die inperking het reeds gevangenes van die wêreld se burgers gemaak. Burgers moet toesien dat die burgerlikes van die wêreld nie nog meer ingeperk en gevange gehou word nie.

#NoToMandatoryVaccines #KeNako

DR. PEARL KUPE is ’n prokureur en internasionale konsultant vir wêreldleiers en internasionale organisasies. Sy is die internasionale president van die Global Forum for Women Entrepreneurs.
E-pos pearl.kupe@gmail.com of volg haar op Facebook by Kingdom Transformer Pearl Kupe


10 Julie 2021

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.