-deur Geerten van Breugel

Bron: cip.nl en churchleaders.com

Foto:
Bybelvertaler, Angus Fung (regs) saam met die president van Tearfund Canada,
Wayne Johnson in Wum, Kameroen / Alex Nicholls

9 September 2019

Die Christen-vrou wie se arm afgekap is tydens ’n aanval op Christene in die dorpie, Wum in Kameroen, sterk goed aan. Eveline Fung is nog in die hospitaal, maar is aan die herstel, sê Efi Tembon, die direkteur van die Oasis Network for Community Transformation, berig die Christian Post.

Sy en haar haar man en Bybelvertaler, Angus Fung, is saam met ander inwoners van die dorpie op 25 Augustus deur Fulani-herders aangeval. Haar man is in die aanval oorlede.

Eveline Fung gaan deur ’n beproewing, sê Tembon. “Dit is emosioneel ’n traumatiese tyd vir haar. Sy is steeds in die hospitaal, maar vaar beter.” Sy het haar arm in die aanval verloor.

Tembon, wat van Kameroen kom, maar nou ’n Amerikaanse burger is en in Minnesota woon, sê die aanval is deur jeugdige Fulani-herders geloods wat na bewering deur regeringsamptenare aangehits is.

Angus Fung ( in sy sestigs) was deel van die Kameroense gemeenskap en het ’n belangrike rol gespeel in die vertaling van die Bybel in die Aghem-taal. Die Bybel is in 2016 voltooi. Hoewel 3 000 kopieë van hierdie vertaling gepubliseer is, kon werknemers dit nog nie versprei nie weens die konflik in die streek.


VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.