Bron: cip.nl

Dit het aan die lig gekom dat die Vatikaan miljoene in farmaseutiese ondernemings belê het wat onder meer ’n aborsiepil vervaardig. Meer as 20 jaar lank het die Vatikaan altesaam 20 miljoen aandele in die Switserse farmaseutiese maatskappye Roche en Novartis besit.

Libero Milone, wat jare lank ‘n toonaangewende finansiële posisie in die Vatikaan beklee het, het dit onlangs onthul. Hy het die nuus in die televisieprogram, Report, wat op die Italiaanse openbare uitsaaier uitgesaai word, bekend gemaak. Hy het die feite aan die lig gebring om aan te toon dat die Vatikaan, met betrekking tot finansiële sake, skaars die standpunte van die Kerk in ag neem. Die Rooms-Katolieke Kerk is openlik pro-lewe en teen aborsie gekant.

Milone het jare lank die Vatikaan se geldsake hanteer. Sy kantoor het byvoorbeeld jare gelede uitgevind dat die Vatikaan miljoene aandele in die maatskappye besit wat benewens die aborsiepil ook die sg. “morning-after pill” vervaardig. (Dit is ‘n tipe noodvoorbehoedpil en word gebruik om swangerskap te voorkom by vroue wat onbeskermde omgang gehad het.)

Die aandele is intussen verkoop.


30 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.