-deur CBN News

foto: Getty

Bron: faithwire.com

3 September 2019

Faithwire berig dat ’n man wat begin valskermspring het as ‘n manier om sy geloof te versterk, ’n wonderlike getuienis daaroor het. Dit het begin met ’n botsing tussen hom en nog ’n valskermspringer.

“Ek het geweet dat ek besig is om te val en ek het geweet dat ek die val waarskynlik nie sal oorleef nie, maar ek het dit so aanvaar. Ek het niks anders ervaar nie. Daar was geen vrees nie. Ek het net geweet: Dit is besig om te gebeur. Ek gaan sterf en daar is niks wat ek daaraan kan doen nie.”

Korey Fisher het in 2011 begin valskermspring as ’n manier om selfvertroue op te bou en te leer om God op dieper maniere te vertrou. Ses jaar later is hy gesertifiseer as ’n valskermspringer-instrukteur met 1 500 spronge agter die rug.

In November 2017 het sy lewe amper tot ’n einde gekom toe hy en ‘n ander valskermspringer in die lug gebots het. “Ek het die individu vir ’n sekonde gesien voordat ons in mekaar vasgevlieg het.”

Die twee het meer as 200 voet geval voordat hulle die grond getref het. Albei het wonderbaarlik oorleef. Korey is per vliegtuig na ’n nabygeleë hospitaal geneem. Hy het ’n gebreekte nek, twaalf gebreekte ribbes en massiewe inwendige beserings gehad. Sy ouers het by die hospitaal verneem dat hy waarskynlik nie die nag sal oorleef nie en as hy dit wel oorleef, hy lewenslank verlam sou wees. Hulle het hul kerk en gemeenskap gevra om vir ’n wonderwerk te bid.

Drie weke na die ongeluk en kort voor Kersfees het Korey sonder pyn self by die hospitaal uitgestap – volkome genees!

Vir die volledige berig en al die wonderwerke wat op die gebed gevolg het, lees die berig by faithwire.com


DISCLAIMER
JOY! Digital is a Christian portal that shares pre-published articles by writers around the world. Each article is sourced and linked to the origin, and each article is credited with the author’s name. Although we do publish many articles that have been written in-house by JOY! journalists, we do not exclusively create our own content. Any views or opinions presented on this website are solely those of the author and do not necessarily represent those of the company.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.