-deur Lourieke Haller

Bron: cip.nl

10 Oktober 2019

Hoewel ’n mens telkens hoor dat die Christendom aan die kwyn is in Nederland en dat kerke omskep word in besighede of moskees, was dit bemoedigend om te lees van ’n kreatiewe en unieke idee vir ’n toer wat aanbidding en lofprysing in ikoniese ou kerke behels.

Volgens ’n berig op CIP.nl (cip.nl) word die Presence-toer oor twaalf aande vanaf die Martinikerk in Groningen tot by die Sint-Jan op die Vrijhof in Maastricht aangebied.

“Twaalf aande vol aanbidding en verlange na God se teenwoordigheid in ons land. Dit is die doel van die Presence –toer 2019,” lui die uitnodiging vir die toer.

Tydens die toer word twaalf pragtige, ou ikoniese kerke besoek met die doel om God se teenwoordigheid sigbaar te maak.

“Ek glo as ons God aanbid, verander ons self na Sy beeld,” vertel Wim Hoddenbagh in ’n video oor die toer. Dit gee ’n mens hoendervleis om in die video die statige ou kerke vol mense te sien wat God saam aanbid – beslis nie die prentjie van ’n handjievol Christene wat bykans leë kerke bywoon nie!

Klik hier om na die aanbidding in een van die kerke te kyk (cip.nl)

’n Toerganger, mnr. Guijt, skryf op sosiale media: “Ek het verlede Donderdag die geleentheid gehad om die eerste aand in die St. Janskerk in Gouda te beleef. Hemel op aarde! Indrukwekkend. Ek beveel dit sterk aan om die (gratis) kaartjies te bespreek !”


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.