-deur Lukas ten Napel

Bron: cip.nl

5 September 2019

Die ultra-ortodokse Joodse organisasie, Yad L’Achim, het verhoed dat ’n groep Messiaanse Jode in Tel Aviv gedoop word, berig Israel Today.

Yad L’Achim het duidelik die Messiaanse gemeente dopgehou. ’n Woordvoerder het byvoorbeeld gesê: “Ons sal op ons hoede bly vir hierdie kerk en ander sendingkerke. Ons sal die Jode bereik wat hulle wil laat doop en hulle op die misleiding van die sending wys en met hulle Joodse agtergrond konfronteer waarvan hulle met geweld, leuens en deur die uitbuiting van hul onkunde en behoeftigheid beroof word.”

Waarskuwing teen sendingwerk

Op 14 Augustus het die Hebreeuse koerant, HeMevasser, oor ’n geleentheid berig wat deur Yad L’Achim gereël is om Jode teen sendelinge en sendingwerk te waarsku. Meer as ’n duisend ultra-ortodokse Jode het die geleentheid bygewoon om na verskillende sprekers te luister, waaronder ook ’n voormalige sendeling. Hy het onder meer gesê dat hy as sendeling gehoor het dat een bekeerde Jood meer waardevol is as duisend bekeerde heidene.


VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.