-deur Errol Naidoo

14 Mei 2019

Die sesde demokratiese verkiesing het gekom en gegaan en dit lyk asof stempatrone relatief konstant gebly het. Klaarblyklik het die meerderheid van die kiesers by tradisionele keuses gehou eerder as radikale verandering.

Die ANC het 57% steun gekry. Die party het meer as 1,4 miljoen stemme verloor in vergelyking met 2014.

Die DA het ook veld verloor en net meer as 20 persent van die stemme gekry, maar sowat 450 000 stemme in die proses verloor.

Die EFF se steun het aansienlik toegeneem – met meer as 700 duisend stemme. Die party se setels in die parlement het van 25 na 44 vermeerder en dit voorspel niks goed vir die regerende party of die dekorum van die parlement nie.

Uit die kleiner partye in die parlement het die VF+ hulle steun van 0,90% in 2014 verdriedubbel tot 2,38% in 2019 – ’n toename van 249 129 stemme. Die ACDP, wat in 2014 net 0,57% (104 039 stemme) verwerf het, het gesukkel om 1% by die stembus te haal. Dit het ’n nominale toename van 42 031 stemme of 0,84% in 2019 behaal.

Nuwe partye wat op Bybelse waardes gegrond is, by name ACO, ECOFORUM en die Christian Political Movement staan, het nie goed presteer nie. Dit is duidelik dat die oorgrote meerderheid van die kiesers nie volgens Bybelse oortuigings gestem het nie.

Kiesers het president Cyril Ramaphosa ’n mandaat gegee om sy beloftes aan Suid-Afrika te vervul. Tydens die veldtog het hy herhaaldelik gesê: “Die tyd vir straffeloosheid is verby, die tyd vir verantwoordbaarheid het aangebreek. Dié wat hulle aan korrupsie skuldig gemaak het, sal aanspreeklik gehou word.”

Christen-burgers moet bid dat God pres. Ramaphosa met wysheid, krag en moed sal lei om die nasie bekwaam en met integriteit te regeer – in die beste belang van die hele bevolking.


Artikel verskaf

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.