‘n Wonderlike jaar van bediening vir TWR lê agter ons. Selfs terwyl ’n groot deel van die wêreld in die greep van vrees was weens die COVID-pandemie en ander wêreldgebeure, het TWR voortgegaan en tot eer van die Here nuwe bedieningsmoontlikhede gevind. Dit was alles moontlik danksy God se voorsiening deur skenkers se vrygewigheid.

’n Kritieke tyd vir bediening
Die eerste paar weke van die jaar is altyd ’n kritieke tyd vir TWR. Dit is wanneer die organisasie sy algemene fonds, wat soveel belangrike projekte ondersteun, aanvul. Die organisasie vertrou op God vir sy voorsiening, want ons weet “alles is by God moontlik”. TWR maak staat op toegewyde vennote soos jy wat as instrumente in Sy hand bydra vir dinge om te gebeur.

TWR wil beskikbaar wees vir God se doeleindes
TWR moet R200 000 insamel om in sy finansiële behoeftes te voorsien en die nuwe jaar sterk te begin. Die wêreld het in hierdie komende jaar God se boodskap van hoop meer as ooit nodig. TWR wil gereed wees vir wat die Here ook al beplan!

Die wêreld het in hierdie komende jaar God se boodskap van hoop meer as ooit nodig.

Van die projekte wat TWR voltooi het

Dit is danksy ons skenkers dat TWR sulke groot vordering in 2021 kon maak. Hier is ’n paar van die baanbrekende projekte en TWR-bedienings wat die afgelope jaar deur skenkers ondersteun is:

• Die herstel van die Guam-toring – wat uitsendings na verskeie
Oos-Asiatiese lande moontlik maak.
• TWR Women of hope – bemagtig vroue met hoop en waardigheid deur die Evangelieboodskap.
• Mission 66-uitsendings na China – lewensveranderende lesse uit
die hele Bybel.
• Russiese en Oos-Europese uitsendings – bereik mense in die voormalige Sowjetunie.
• TWR360 – verskaf via die internet Bybelse inhoud aan die hele wêreld.
• The way of righteousness – help luisteraars van ander godsdienste om te verstaan ​​wat die Bybel oor Christus verkondig.
• Bediening in PANI (Pakistan, Afghanistan en Noord-Indië) – bring God
se hoop te midde van die politieke omwenteling en vervolging in
hierdie streek.
• ’n Nuwe FM-stasie in die Ivoorkus – bereik Wes-Afrika met die Goeie Nuus van Christus.

TWR is vasbeslote om die boodskap van Christus aan almal te verkondig, oral in die wêreld.

BRING DIE BOODSKAP VAN CHRISTUS AAN ALMAL
TWR is vasbeslote om die boodskap van Christus aan almal te bring, oral in die wêreld. Deur jou gewaardeerde ondersteuning bereik TWR ​​reeds meer mense as ooit.
“Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.” – Galasiërs 6:9

Die wêreld is gereed vir goeie nuus
Baie mense voel tans wanhopig, maar vir dié van ons wat Christus ken, is dit ’n tyd van hoop en geleenthede. Ons sien die hand van God in gebeure waarvoor ander mense bang is. En hoewel sommige mense in vrees en hopeloosheid kwyn, is hulle terselfdertyd ook meer ontvanklik vir die Evangelie as
ooit tevore.

Bid saam en staan saam met TWR
Laat ons die Goeie Nuus met hulle deel terwyl ons kan! Soos Jesus gesê het: “Die oes is groot, maar die arbeiders min” – Matteus 9:37. Bid saam met TWR vir meer arbeiders vir die oes. Gaan asseblief ook voort om TWR te ondersteun met jou gebede en vrygewige skenkings. Dankie!

SKENKINGSOPSIES

VERWYSING:
JUIG NUWE JAAR
Jou skenking kan veilig op die webtuiste, twrafrica.org/donate, gemaak word of deur ’n elektroniese oordrag direk in TWR se bankrekening.

TWR-bankbesonderhede:
Trans Wêreld Radio
Standard Bank
Takkode: 012442
Rekeningnommer: 011932945


15 Januarie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org