Dit is alombekend dat die tegniese aspekte van media redelik baie behels, maar deur die Here se genade is TWR Africa geseën met uiters bekwame en toegewyde werkers wat ons bediening relevant hou deur nuwe tegnologie te gebruik sodra dit beskikbaar is.

TWR se internasionale mediabediening is afhanklik van rekenaar-netwerke en die mense wat daardie netwerke bestuur. Ons toegewyde afdeling vir tegniese dienste het twee spanne, naamlik die tegniese span en die IT / IS-span. Saam sorg hulle dat die uitsendings glad verloop. Hulle take wissel van voorkomende en herstellende instandhouding van gordyn-antennas, die instand-houding van toerusting en uitsendingslyne, tot die ondersteuning van kantoornetwerke, sagteware en hardeware en om te verseker dat TWR Africa se IT-stelsels veilig en stabiel funksioneer.

TWR het twee senderstasies wat bykans die hele Afrika suid van die Sahara dek; een in Eswatini en een in Wes-Afrika. TWR Africa bring in meer as 82 tale en dialekte hoop aan mense en bereik miljoene mense in meer as 50 Afrika-lande. Benewens kort- en mediumgolfuitsendings bereik ons Afrika suid van die Sahara
deur nuwe tegnologie – deur internetstroming, die TWR Africa-toep en satellietuitsendings. Ons werk ook saam met FM-affiliasies in talle Afrika-lande waar hulle TWR Africa se inhoud van hul plaaslike radiostasies in die moedertaal van die betrokke land, stad of streek uitsaai.

Eswatini Sendertoring (ESWATS)
TWR se uitsaaifasiliteit in Eswatini (voorheen die Koninkryk van Swaziland) saai al meer as 45 jaar lank programme aan die mense van Suider-Afrika uit. Die operasie by Eswatini bestaan uit drie 100 kilowatt kortgolfsenders en een 100 kilowatt mediumgolfsender, asook een van 50 kilowatt. Hierdie kragtige senders verseker dat die TWR-uitsendings ver buite die grense van daardie klein landjie gehoor kan word. Hierdie senderstasie het in November 1974 na Afrika suid van die Sahara begin uitsaai met programme in Engels, Afrikaans, Duits, Zoeloe en Portugees. Die programme het onder meer op die behoeftes van vroue, die jeug en opkomende leiers gefokus. Die sender in Eswatini saai vandag in ongeveer 30 tale uit. Die getal wissel afhangend van nuwe produksies wat beskikbaar gestel word en die hersiening van ongeborgde programme. Praktiese inligting, daaglikse raad, en die heel belangrikste – suiwer Bybelonderrig – bereik die ore van ’n groot deel van Afrika 24 uur per dag, elke dag van die jaar.

Wes-Afrika Sendertoring (WATS)
Die eerste uitsending van die Evangelie van Jesus is op 1 Februarie 2008, om 04:00 vanaf die nuwe TWR-senderstasie in Wes-Afrika uitgesaai! Die 100 kilowatt mediumgolfsender saai in 27 tale na 27 lande uit, afhangend van die beskikbare programme. Dit behels ’n totale potensiële gehoor van ongeveer 190 miljoen mense. TWR oorkom die hindernisse van duisternis, vrees en wanhoop. Dit bied Bybelse leiding en bring hoop aan die mense in Wes-Afrika. Met die onlangse installasie van nog ’n kragtige nuwe 200 kilowatt mediumgolfsender, kan TWR Africa nou die Goeie Nuus nog verder in Nigerië verkondig en die Kerk daar versterk. Die uitsendings bring hoop aan die hele Nigerië asook in sy buurlande, Kameroen, Benin en Niger.

Ondersteuningsdienste
Die ingewikkelde programrooster vir radio-uitsendings oor die hele Afrika word deur TWR Africa se kantoor vir ondersteuningsdienste, naby Johannesburg, gekoördineer. Die skedule sluit in baie bekende internasionale omroepers, asook streeksprogramme soos Witness at the Water, Foundations for Farming, Women of Hope, Equipment for Life en The Prophets. Daar word gereeld nuwe programme in meer tale bygevoeg.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.