-deur Patrick Simons

14 Augustus 2019

Daar is weereens slegte nuus uit Indonesië. Volgens die Duitse nuusdiens Idea het owerhede in die land twee Protestantse kerke gesluit.

Dit sluit onder meer die Family of God-kerk in Jakarta in. Volgens die regering moes hierdie nuwe kerk gesluit word omdat dit te naby aan ’n Islamitiese skool en ’n moskee gebou is.

Die ander kerk is ’n Pinksterkerk in Yogjakarta. Hierdie gemeente moes sy deure sluit omdat hy volgens munisipaliteit nie die regte permit vir die gebou het nie.

Die posisie van Christene in die land het oor die afgelope paar jaar versleg. Dit is hoofsaaklik te wyte aan radikale Moslems wat druk op die regering uitoefen. Verskeie menseregte-organisasies het reeds aangedui dat die regering nie opgewasse is teen hierdie druk nie.


Bron: cip.nl

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.