Bron: harbingersdaily.com

’n Adviesraad wat verantwoordelik was vir die hersiening van aansoeke vir federale finansiering vir projekte wat geaborteerde babas se weefsel gebruik, is ontbind.

Volgens The Christian Post het die nasionale gesondheidsinstituut (NIH) onlangs aangekondig dat die onafhanklike raad ontbind word. Die raad is aanvanklik deur voormalige president Donald Trump gestig.

Onder die Trump-administrasie het die onafhanklike etiese raad aansoeke vir NIH-toelaes nagegaan.

In reaksie op pres. Biden se besluit het die National Right to Life Committee die stap betreur.

“Babas word geaborteer en dan in eksperimente vir hulle organe en weefsel gebruik,” het Carol Tobias, die president van National Right to Life, in ’n verklaring gesê. “Die Biden-administrasie het die proses afgetakel wat navorsers dwing om aan etiese standaarde gehoor te gee, veral met betrekking tot die oes van liggaamsdele van geaborteerde kinders vir navorsing.”

Connor Semelsberger, die direkteur van federale aangeleenthede vir lewe en menswaardigheid by die gesinsnavorsingsraad, het bygevoeg: “Die gebruik van liggaamsdele van geaborteerde babas vir navorsing, is ’n barbaarse praktyk. Ongelukkig bevorder president Biden dit. Voorstanders van navorsing met geaborteerde fetusweefsel bring etiek in die gedrang in die naam van ‘wetenskap’. Die einddoel regverdig egter nie altyd die middele nie.”

Lees die volledige berig by joynews.co.za

Foto slegs ter illustrasie. unsplash.com


6 Mei 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.