-deur Patrick Good

15 Mei 2019

President Donald Trump en die president van Hongarye, Viktor Orban, het eergister ’n ontmoeting gehad. Die magtigste man in die Verenigde State het by die Wit Huis sy waardering uitgespreek teenoor die leier van Hongarye. “Jy is soos ek ook ’n bietjie omstrede, maar dit is nie ’n slegte ding nie. Jy het jou goed van jou taak gekwyt en jou land veilig gehou,” het Donald Trump volgens CBN gesê.

Viktor Orban het soms demokratiese beginsels geïgnoreer om sy magsposisie te beskerm. Hy het terselfdertyd ’n aantal veranderinge aan die grondwet laat maak wat Christelike waardes verteenwoordig. Dit sluit in ’n wet teen aborsie en die definisie dat ’n huwelik uitsluitlik tussen een man en een vrou kan wees.

“Dit is vir ons ’n voorreg om saam met die Verenigde State te veg teen onwettige migrasie, terrorisme en om Christelike gemeenskappe wêreldwyd te beskerm,” het Viktor Orban gesê. Pres. Trump het weer eens sy waardering vir Orban uitgespreek: “Jy het die Christelike gemeenskappe goed behandel en jy het migrasiestrome gestop, ons waardeer dit tereg.”


Bron: cip.nl

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.