Deur Chris Mitchell

Bron: cbn.com

17 September 2019

Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê Amerika is “oorgehaal en gereed” ná Saterdag se aanval op die belangrikste olie-aanleg in Saoedi-Arabië. Hy sê hy wag om by Saoedi-Arabië te hoor wat die volgende stap sal wees.

Die aanval op Saoedi-Arabië se grootste olieverwerkingsfasiliteit verteenwoordig ‘’ verskerping in die konflik tussen Iran, Saoedi-Arabië en Amerika.

Die aanval het Saoedi se daaglikse olieproduksie met bykans ses miljoen vate per dag verminder.

Die uitwerking daarvan word wêreldwyd gevoel. Die prys van olie het skerp gestyg – met 10 persent of meer.

Saoedi-nuusagentskappe het die Houthi-rebelle beskuldig, wat al sedert 2015 met Iran se steun in ’n stryd met Saoedi-Arabië gewikkel is. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, lê die skuld vir die aanval voor die deur van Iran.

CNBC het Maandag berig dat ’n militêre koalisie onder die leiding van Saoedi-Arabië gesê het die aanval is met Iranse wapens uitgevoer en dat die aanval nie van Jemen afkomstig is nie.

Iran se pres. Rouhani het die beskuldigings ontken en die skuld vir die spanning in die streek op Israel en Amerika gepak. Die streek is ’n buskruitvat wat volgens sommige kenners kan ontplof en die streek in oorlog kan dompel.

Amerika en Saoedi-Arabië se reaksie sal bepaal hoe die kort- en langtermyntoekoms van die Midde-Ooste daarna gaan uitsien.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.