-deur Michael Foust

11 Junie 2019

Die Trump-administrasie het ’n praktyk uit die Obama-era omgekeer en ambassades verbied om die ‘gay pride’-reënboogvlag aan vlagpale te laat wapper tydens die Gay Pride-maand.

Ambassades in Israel, Duitsland, Brasilië en Letland het versoek vir toestemming om die vlag langs die Amerikaanse vlag te laat wapper by hulle onderskeie ambassades, het NBC News berig.

Die Obama-administrasie het ambassades in die buiteland toegelaat om die gay pride-vlag te hys tydens die Pride-maand om die LGBTQ-agenda oorsee te bevorder. Die Obama-administrasie het die stap geneem selfs voordat Amerika se hooggeregshof gay huwelike in die land gewettig het.

Die nuwe Trump-beleid het skynbaar van krag geword toe die minister van buitelandse sake, mnr. Mike Pompeo wat ’n Christen is, verlede jaar beëdig is.

Versoeke om die gay pride-vlag te hys, moet aan die staatsdepartement gerig word, het NBC News berig. Al die versoeke is geweier.

Dit beteken nie dat ambassades nie gay pride-vlae elders mag hys nie, soos byvoorbeeld binne geboue, teen mure of selfs buite nie. Die vlag mag net nie aan die amptelike vlagpaal wapper nie.


Bron: christianheadlines.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.