8 Julie 2019

Trans World Radio het met ’n vars idee vorendag gekom om mense te betrek by sending.

Hubrecht Smits, die direkteur van Trans World Radio (TWR), Nederland en België, het die sleutels van die Poortgebou onlangs ontvang. Die sendingorganisasie gaan ’n nuwe en unieke media-ervaringsentrum in die gebou open – “Missie & Media” – om mense meer by wêreldwye sendingwerk te betrek. In die komende maande sal hard gewerk word om ’n interaktiewe program vir besoekers te voltooi.

Die wêreld propvol nuwe media bied groot geleenthede om die Evangelie oral bekend te maak. TWR doen dit sedert 1952 via die radio, maar het ook onlangs nuwe media soos toeps (Apps), internet- en oudiotoestelle begin gebruik. In die ervaringsentrum kan besoekers van naderby kennis maak met die werk van TWR, hulle kan aktief daarby betrokke wees en ontdek wat wêreldwyd op die sendingveld gebeur. Getuienisse van mense uit verafgeleë hoeke van die aarde, word toeganklik gemaak sodat TWR-ondersteuners se betrokkenheid ook kan toeneem.

Die ervaringsentrum is in die Poortgebou, wat mooi saamsmelt met die omgewing omdat dit gebou is met die natuurlike materiale uit die gebied. Die gebou bestaan ​​uit twee sirkels wat geskei word deur die “poort” – die ingang tot die sentrum. Daar word beplan om in die nabye toekoms onder meer ’n kunsateljee, ’n dagsorg vir gestremdes en ’n instituut vir natuuropvoeding en volhoubaarheid op te rig.

’n Pannekoekrestaurant en ’n winkel met natuurlike produkte is ook in die vooruitsig. Wat ’n innoverende nuwe idee om sendingwerk mee te ondersteun!


Bron: cip.nl

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.