Bron: facebook.com

Tim Keller (70) is in Mei verlede jaar met pankreaskanker gediagnoseer. Die bekende skrywer en pastoor het op Facebook oor die vordering van sy behandeling gedeel.

Keller het sedertdien chemoterapie ontvang asook chirurgie ondergaan. “Ek is in Mei geopereer, waarna ek ’n “chemo-vakansie” gekry het en kon saam met my gesin met vakansie gaan,” skryf Keller.

’n Skandering op 23 Augustus het getoon dat die eerste gewas nie gegroei het nie, maar ’n biopsie het getoon dat ’n kankergewas wel onder die operasie se litteken ontwikkel het.

Keller ondergaan nou weer chemo en sê: “Wat die toekoms inhou, weet ons nie. Bid dat ek nog jare en nie maande oor het nie en dat die chemoterapie doeltreffend sal wees. Ons is in elk geval gereed vir wat God vir my in gedagte het. Ons is geestelik gereed vir ’n moontlike afskeid,” het Keller op Facebook geskryf. Keller rig spesifiek ’n gebedsversoek vir hom en sy vrou, Kathy.


8 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.