-deur Lourieke Haller

Bron: lifesitenews.com

9 November 2019

In ’n berig van Lifesitenews (lifesitenews.com) is daar die week bekend gemaak dat laerskoolleerlinge in Texas onder meer oor sodomie en kondome geleer gaan word.

Ondanks die groot hoeveelheid ouers wat teen die kurrikulum gekant is, het die Austin Independent School District Dinsdag gestem om ’n kurrikulum vir seksvoorligting goed te keur wat kinders in graad 6 of 7 sal leer hoe om anale seks te beoefen en kondome aan te sit, asook dat geslag “nie-binêr” is.

Soos uiteengesit in Texas Values, ontmoedig die kurrikulum geslagspesifieke taal soos “ma” en “pa” omdat dit “kinders se begrip van gender tot ’n binêre siening kan beperk”. Kinders word aangemoedig om LGBT-saamtrekke by te woon.

Die materiaal bevat ook gedetailleerde instruksies oor hoe om kondome aan te sit en gee selfs raad oor “hoe om die kanse op pyn te verlaag en anale seks meer aangenaam te maak” sonder om bang te wees vir “gesondheidskwessies”.

Errol Naidoo van Family Policy Institute het vandeesweek ’n artikel geskryf oor die Omvattende Seksvoorligting-kurrikulum – CSE – wat deur die regering in skole in Suid-Afrika ingedwing word (joydigitalmag.com)

In die berig skryf hy:

CSE is internasionaal blootgelê as ’n manipulerende instrument van die wêreldwye seksuele regte-beweging. Hulle doel is om ouerlike gesag te omseil, kwesbare kinders in skole te teiken en hulle te indoktrineer met ’n hoë-risiko-seksuele-regte-ideologie, wat geslagsongelykheid, die reg op seksuele genot, die bevordering van die LGBTQ-lewenstyl en seksuele eksperimentering insluit.

Die verontwaardiging is landswyd aan die toeneem oor die beplande implementering van die departement van basiese onderwys (DBO) se Omvattende Seksvoorligting ( Comprehensive Sexuality Education – CSE) in Suid-Afrikaanse openbare skole in 2020 weens ontstellende dele van die geheime en omstrede inhoud van die kurrikulum wat uitgelek is.

Die aanslag op ons kinders is fel. Kliek hier om die ‘‘Aanlynpetisie’ teen CSE te onderteken: of onderteken CitizenGo/FPI se petisie hier

Lees hier die brief aan die minister van basiese onderwys wat die sewe kritieke redes verskaf waarom CSE nie in Suid-Afrika geïmplementeer moet word nie,


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.