-deur FOR SA

Bron: Artikel verskaf

18 September 2019

Die konstitusionele hof het vanoggend ’n eenparige uitspraak gelewer in die saak oor “ouerlike regte” wat deur Freedom of Religion South Africa (FOR SA) aanhangig gemaak is.

Ingevolge die uitspraak is die gemeenregtelike verdediging van redelike en matige tugtiging ongrondwetlik verklaar. Dit beteken dat ouers wat hulle kinders met lyfstraf tugtig – ongeag hoe lig dit is of goed die ouers dit bedoel – die misdaad van aanranding pleeg en hulself die straf van die staat op die hals kan haal.

Volgens FOR SA se prokureur, Daniela Ellerbeck, het FOR SA nog nie die geleentheid gehad om die volledige uitspraak te bestudeer nie. Sy sê egter dat “dit is ontstellend is dat die regte van ouers om hul kinders volgens hul eie oortuiging groot te maak en wat volgens hulle in die beste belang van hul kinders is, nie gehandhaaf is nie. Dit is ’n baie gevaarlike presedent omdat die staat nou aan gelowiges kan voorskryf hoe om die Skrif te lees en uit te leef. Sodoende word die reg op godsdiensvryheid ondermyn.”

Sy sê verder dat “die uitspraak van hoofregter Mogoeng Mogoeng misdadigers van baie gelowiges maak wat glo dat die Skrif hulle toelaat (beveel) om hul kinders by tye, waar nodig en altyd in liefde fisiek te tugtig. Daar sal baie mense wees wat geen ander keuse sal hê as om God, eerder as die wet, te gehoorsaam. Gevolglik sal goeie gelowige ouers wat net die beste vir hul kinders wil hê, potensieel sien hoe hul gesinne uitmekaargeskeur word soos wat in ander lande gebeur waar lyfstraf verbode is. Dit sal gesinne as die grondslag van ons samelewing vernietig.”

Die saak, wat in November verlede jaar aangehoor is, het as ’n appèl teen ’n vroeëre uitspraak van die hooggeregshof in Johannesburg voor die konstitusionele hof verskyn. In daardie hofsaak is alle vorme van fisieke tugtiging van kinders deur hul ouers, onwettig verklaar. Hoewel FOR SA 100% teen geweld gekant is, het dit aangevoer dat daar ’n duidelike onderskeid is tussen geweld of mishandeling, en ligte (onskadelike) fisieke tugtiging, soos blyk uit uitgebreide sosiale wetenskaplike navorsing.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.