Deur Daniela Ellerbeck, regsadviseur vir FOR SA

Die term “haatspraak” is deel van die alledaagse woordeskat, maar bestaan ​​dit in die Suid-Afrikaanse reg? Word haatspraak verbied? Is dit ’n misdaad? Wat is die straf daarvoor? Haatspraak word uitdruklik van beskerming deur die Grondwet uitgesluit – dit is spraak wat spesifiek nie deur ons Grondwet beskerm word nie. Die konstitusionele hof het onlangs in die Qwelane-uitspraak (2021) haatspraak gedefinieer. Die hof het beslis dat haatspraak uitdrukking is (wat skrif en/of gedrag insluit) wat “meer as blote aanstootlike uitdrukking is en verstaan ​​kan word as ‘uiterste afkeer en belastering’ wat die gevaar laat ontstaan dat diskriminerende aktiwiteite teen ’n groep uitgelok word’”. Dit is belangrik dat die konstitusionele hof wel daarop gewys het “dat die uitdrukking van ongewilde of selfs aanstootlike oortuigings nie haatspraak is nie”.

Word haatspraak verbied?
Die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie, 2000 (die Gelykheidswet) verbied haatspraak. Die definisie van haatspraak in hierdie wet, wat deur die Qwelane-uitspraak gewysig en ingeperk is, lui nou soos volg: “Niemand mag woorde publiseer, propageer, voorstaan of kommunikeer wat redelikerwys vertolk kan word om ’n duidelike doel te hê om kwetsend te wees; skadelik te wees of skade aan te stig of haat te bevorder nie.” Dit beteken dat as ’n redelike persoon na jou woorde luister of dit lees, hy/sy objektief sal verstaan ​​dat dit duidelik diep emosionele en sielkundige skade wil veroorsaak en/of aanblaas wat die waardigheid van die groep wat deur jou spraak geteiken word, ernstig ondergrawe. Nie net dit nie, sy/hy sal ook verstaan ​​dat jou woorde aktief probeer om haat teen daardie groep aan te wakker. Die maatstaf vir ’n uitdrukking om as haatspraak te kwalifiseer, is dus redelik hoog. Van belang is dat die Gelykheidswet nie haatspraak kriminaliseer nie, maar eerder voorsiening maak vir burgerlike regsmiddele – soos om verskoning te vra of ’n boete te betaal (d.w.s. dit sal geen kriminele rekord of tronkstraf tot gevolg hê nie).

Is haatspraak ’n misdaad?
Een van die mees kommerwekkende bedreigings vir vryheid van spraak is die voorgestelde Wet op die Voorkoming en Bekamping van Haatmisdade en Haatspraak (die wetsontwerp), wat daarop gemik is om haatspraak te kriminaliseer. Hierdie voorgestelde wet, wat tans deur die parlement oorweeg word, is verlede jaar vir openbare kommentaar oopgestel en meer as 100 000 voorleggings is gemaak om beswaar teen die bepalings daarvan te maak. Sou hierdie wetsontwerp in sy huidige vorm aanvaar word, kan iemand drie jaar tronkstraf opgelê word vir ’n eerste oortreding en vyf jaar tronkstraf vir ’n daaropvolgende oortreding. Selfs om iemand anders se opmerkings met ander te deel, as dit op haatspraak neerkom, sal ’n oortreding wees.
Ewe problematies is dat die kanse groter is om skuldig bevind te word aan die misdaad van haatspraak ingevolge die wetsontwerp as om kragtens die Gelykheidswet die burgerlike oortreding van haatspraak te pleeg. Dit is omdat die wetsontwerp se definisies van “haatspraak”, “skade” en “slagoffer” wyer is as dié van die Gelykheidswet. Daar is ook onvoldoende beskerming teen vervolging vir bona fide godsdienstige spraak.

Die pad vorentoe
Die wetsontwerp wys duidelik hoe uiters belangrik dit is dat ons aan die wetgewende proses deelneem om te verseker dat ons vryheid om ons geloof uit te leef en om ander daarvan te vertel, verskans bly. Freedom of Religion South Africa (FOR SA) sal voortgaan om aktief met die parlement in gesprek te bly en sal verseker dat dié wat bereid is om te veg vir geloof en vryheid betyds gewaarsku word om hulle stemme te laat hoor sodra nog geleentheid vir openbare insette oor hierdie wetsontwerp gegee word.


FOR SA is ‘n organisasie sonder winsbejag, wat regsondersteuning bied en hom beywer om ons grondwetlike reg op godsdiensvryheid te handhaaf, insluitend:

• om jou geloof in privaat asook in die openbaar met ander te deel en uit te leef
• die outonomie van godsdiensorganisasies
• ouers se reg om hulle kinders op te voed en te onderrig

Teken in op ons Nuusbrief.
Bly ingelig oor heersende regskwessies

Skenk: Ondersteun ons sodat ons met ons werk kan voortgaan om vir godsdiensvryheid te veg

forsa.org.za


 

25 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org