Bron: christiantoday.com

Die oorblyfsels van die Switserse vrou, Béatrice Stöckli, is in Mali gevind. Sy het as ’n evangelis in Timboektoe gewerk. Stöckli het in 2016 vermis geraak nadat sy deur djihadiste ontvoer is.

’n DNS-toets het volgens Christian Today bevestig dat die liggaam wat gevind is, inderdaad Stöckli se oorskot is. “Ongelukkig is dit nou bevestig dat die gyselaar dood is,” het die Switserse verteenwoordiger, Ignazio Cassis, gesê.

Stöckli het in 2000 namens ’n Switserse kerk na Timboektoe gegaan om daar te gaan evangeliseer, maar sy het spoedig haar eie bediening begin. ’n Plaaslike kerkleier van Mali sê dat Stöckli ’n sobere lewe in Timboektoe gelei het.

In 2016 is sy deur gewapende djihadiste ontvoer. Ná die nuus van haar dood het Switserland sy bes gedoen om die oorskot na haar land van herkoms terug te bring.

“Ek is verlig dat ons haar oorskot vir haar familie kon terugbring. Ons betuig ons innige meegevoel met hulle. Ek wil ook die regering van Mali bedank vir hul hulp om die liggaam te vind en te identifiseer,” het Cassis gesê.

Vier jaar ná Stöckli se ontvoering is medegyselaar Sophie Pétronin (75) in 2020 vrygelaat. Sy het jare lank saam met djihadiste van Jama’at Nusrat Al-Islam wa’I-Muslimin in die Sahara deurgebring. Pétronin het gesê dat die ontvoerders vir Stöckli doodgeskiet het nadat sy geweier het om na ’n nuwe plek in die woestyn te trek. Volgens die getuie het die karavaan van djihadiste gereeld getrek om nie deur die Franse of die regering van Malie ontdek te word nie.


8 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.