Deur: Donnelly McCleland
Bron: incontextinternational.org

Sondag 11 September het Swede ’n algemene verkiesing gehou. Sweedse burgers het gestem om die 349 lede te kies wat hulle in die parlement sal verteenwoordig, wat op hulle beurt weer die eerste minister kies. Kiesers het ook gestem om te bepaal wie hulle in die munisipale- en streeksrade sal verteenwoordig.

Vanjaar het die verkiesing ’n groot kiesers opkoms gehad (omtrent 81%) wat dui op die groot belangstelling wat die Sweedse publiek het in die manier waarop die land regeer word. Teen Dinsdag 13 September het die regse partye in Swede die voortou geneem, met slegs buitelandse stemme en stemme wat vooraf uitgebring is wat nog getel moes word. Die verkiesing was ’n kop-aan-kop stryd tussen die linkse blok (beheer deur die Sosiaal-Demokratiese Party) onder leiding van die huidige eerste minister, Magdalena Andersson en die konserwatiewe blok onder leiding van Ulf Kristersson – wat sy middel-regse Gematigde Party en die ver-regse Sweedse Demokratiese Party (gelei deur Jimmie Akesson) insluit.

Me. Andersson, die voormalige minister van finansies en die huidige eerste minister, is ’n leier wat wyd gerespekteer word en as ’n geskikte kandidaat beskou word om die krisis van hoë lewens- en energiekoste waaronder huishoudings en besighede gebuk gaan, die hoof te bied. Vanjaar se verkiesing is egter ook deur tradisioneel regse plaaslike kwessies oorheers soos besorgdheid oor bendegeweld (as gevolg van ’n toename in bendeskietery) en immigrasie.

Die gewildheid van die Sweedse Demokrate (bekend vir hulle anti-immigrant en nasionalistiese uitgangspunt) het vanjaar ’n hoogtepunt bereik en dié van die Gematigde Party (voorheen die sterker regse party) verbygesteek. Hoewel hulle deel van die stemme reeds oor die laaste nege verkiesings geleidelik toegeneem het, is hulle egter vanjaar geposisioneer om ’n direkte invloed op regeringsbeleid uit te oefen.

Sweedse partye behaal selde ’n meerderheid in die parlement en moet dus oor die algemeen politieke alliansies vorm om ’n stabiele regering te verseker. Dit is een van die redes waarom kleiner partye ’n deurslaggewende rol kan speel in wie uiteindelik die politieke mag verkry.

Vanuit ’n Christelike perspektief

Sommige analiste beskryf vanjaar se verkiesing as een van die belangrikste in Swede se geskiedenis. Een van die gesprekspunte met betrekking tot vanjaar se verkiesing is die “herlewing van die regses”, ’n voortsetting van die neiging wat in baie ander onlangse verkiesings in ander Europese lande soos Frankryk ook gesien is. Baie vind dit verrassend dat Swede ook deel is van hierdie tendens, omdat Swede bekend is vir liberalisme en gelykheid.

Vir baie Christene word Christen-waardes nie duidelik deur enige van die meer prominente politieke opsies gereflekteer nie. Daar is egter voor- en nadele aan die beleid van albei kante. Byvoorbeeld, die konserwatiewe partye is minder geneig om Christen-skole teen te staan, terwyl die huidige middel-linkse regering weer ’n meer verwelkomende houding teenoor immigrante handhaaf. Dit herinner gelowiges daaraan dat ons hoop nie in politieke leiers geplaas kan word nie. Ons kan egter bid dat God die regering se beleid sal rig en dat Hy die Kerk sal lei hoe om op die beleid te reageer op ’n manier wat Hom sal reflekteer aan die mense wat deur die beleid geraak word.

Een van die voordele (of nadele) van koalisies is dat dit die potensiaal het om partye se beleid te temper om ’n wedersydse ooreenkoms te bereik. Een manier waarop dit voordelig kan wees indien die regse blok wen, is dat die onversetlike houding van die Sweedse Demokrate ten opsigte van immigrasie versag kan word in lyn met die gematigdes se groter fokus op effektiewe integrasie van migrante (waardeur van die samelewingskwessies wat gesien kan word as ’n gevolg van die oneffektiewe integrasie van mense aangespreek kan word). Dit sal selfs nog beter wees as hulle beleid beïnvloed kan word deur die Christen Demokrate (wat 5,4% van die setels verteenwoordig) wat ook deel van die konserwatiewe koalisie is.

Die wêreldwye Kerk kan bid vir hierdie party, sowel as vir gelowiges met politieke invloed in ander partye aan albei kante van die politieke spektrum om Christus te reflekteer en ’n goddelike invloed op Swede se politiek uit te oefen.

Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

  • Bid vir dié wat verkies is – dat hulle harte oop sal wees vir goddelike wysheid en leiding om Swede met integriteit te lei in hierdie moeilike seisoen;

  • vir Christen politici om die karakter en waardes van Christus in hulle leiersposisies uit te dra; en

  • vir ’n geestelike herlewing onder ’n toenemend sekulêre Sweedse samelewing.


16 September 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org