-deur Dick van den Bos

27 Maart 2019

Vir jare deporteer die Sweedse owerhede Christene na lande waar hulle vervolg en doodgemaak word. Lande soos Afghanistan, wat deur Geopende Deure beskryf word as die tweede gevaarlikste land ter wêreld, ná Noord-Korea.

Net ’n paar weke gelede is verskeie Christene weer van Swede na Afghanistan gedeporteer, berig The Christian Post.

Die Sweedse owerhede regverdig hierdie menseregteskendings deur te beweer dat hierdie vlugtelinge nie “ware” Christene is nie. Hulle het absurde vrae opgestel om te toets of mense ware Christene is. Dit sluit vrae in soos: “Wat staan in Matteus 10:34?” of “Kan jy die sakramente beskryf?”

Micael Grenholm het tienduisende Sweedse Christene ook volgens hierdie vrae getoets en slegs 300 mense kon meer 60 persent van die antwoorde korrek beantwoord. Dit is dus duidelik, sê hy, dat hierdie vrae glad nie help om te bewys of jy ’n Christen is nie.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.