Deur: Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Bron: Artikel verskaf

Vroeg in November het 39 motorfietse ’n historiese sending van ses dae onderneem om Bybels na skole van die Noordwes-provinsie, Noord-Kaap en die Vrystaat te neem.

The Word Riders is ’n groep Christe-motorfietsryers wat jaarliks onder beskerming van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika Bybels Bybels aan graad 7-leerders in sekere dele van Suid-Afrika uitdeel. Hierdie verspreiding van Bybels maak onder meer deel uit van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Bybels vir graad 7-leerders-projek.

Dit was geskiedkundig aangesien dit die tiende jaarlikse rit van die Word Riders was (’n bedieningsprojek van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika), omdat dit gedurende die 200ste verjaardag van die genootskap plaasgevind het en boonop in hierdie COVID-19-jaar.

Vanjaar was daar uitdagings – tipies van die jaar wat ons tot dusver beleef het. Tog is baie individue in die span se geloof versterk deur die struikelblokke te oorkom en kon hulle meer Bybels as ooit tevore versprei – ’n totaal van 6 010. Hulle het voorts die Goeie Nuus en die boodskap van die lewegewende Woord aan leerders by meer as 70 skole verkondig.

Lees hier meer oor hierdie sending: www.wordriders.wordpress.com

“Dit was so ’n seën,” het dr. Francois Sieberhagen, die organiseerder van die Word Riders-toer en sendingprogrambestuurder by die Bybelgenootskap, gesê. “Ons het gedink ons sal dit nie vanjaar kan doen nie, maar het egter deurgedruk. Dit was een van die beste besluite wat ons nog ooit geneem het. Toe ons by die skole aankom, was die mense so bly om ons te sien omdat hulle lanklaas besoekers gehad het.

Foto: wordriders.wordpress.com

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


18 November 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.