-deur Clayton Morar

Bron: Artikel verskaf

 12 September 2019

Sestien “skipbreukelinge” wat almal in Amerika of Suid-Afrika aan die Survivor-programme deelgeneem het, gaan volgende week aan ’n tipe Survivor-kompetisie in Suid-Afrika deelneem – die opbrengste van hierdie geleentheid sal aan ’n Suide Afrikaanse liefdadigheid oorhandig word.

Battle of the Bush is ’n oorlewingsuitdaging wat vyf dae en vier nagte lank sal duur waartydens lede van die gewilde Survivor-televisiereeks (VSA en SA) teen mekaar sal meeding in ’n aantal fisieke, kognitiewe en sosiale uitdagings om te bepaal wie die titel, ‘Best of the Bush’, verdien.

Die uitdaging sal volgende week vanaf 19-23 September buite Potchefstroom by die Lekwena Wildlife Estate plaasvind, asook by die Naledi Christian Academy, wat die begunstigde liefdadigheidsorganisasie van die geleentheid is.

Survivor-aanhangers en liefhebbers van realiteitstelevisieprogramme kan ook op Maandag 23 September die deelnemers van die Battle of The Bush tydens die partytjie by die Lekwena Wildlife Estate ontmoet. Aanhangers in Johannesburg en Kaapstad kan ook kaartjies koop vir ’n spesiale geleentheid waar hulle die deelnemers kan ontmoet. Dit sal op Woensdag 25 September by die Joshua Tree Restaurant in North Riding, Johannesburg wees en op Saterdag, 28 September, in die Radisson Red Hotel by die V&A Waterfront in Kaapstad.

Die Survivor-deelnemers uit die VSA is: Bob Crowley (Survivor: Gabon-wenner); Ramona Gray (Survivor: Borneo); Wendall Holland (Survivor: Ghost Island); Jill Behm (Survivor: Nicaragua); James “Jimmy” Tarantino” (Survivor: Nicaragua); Brice Johnston (Survivor: Cagayan); Desiree Williams (Survivor: Heroes vs Healers vs Hustlers) en ook Tina Scheer (Survivor: Exile Island)

Die Survivor-deelnemers uit SA is: Tom Swartz (Survivor SA: Filippyne); Amanda Hoosen (Survivor SA: Maleisië); Marsha Wessels (Survivor SA: Champions); Tejay Pillay (Survivor SA: Maledive); Ace Chetty (Survivor SA: Filippyne); Shona MacDonald (Survivor SA: Champions); Nichal Ramchander (Survivor SA: Maleisië) and Toni Tebbutt (Survivor SA: Filippyne).

Kaartjies vir al hierdie geleenthede kan aanlyn gekoop word by: tickets.tixsa.co.za

SENDELING GEE IETS TERUG AAN DIE GEMEENSKAP

Battle of The Bush is die idee van die Suid-Afrikaanse sendeling en groot Survivor-aanhanger, Bill Weibel (61), wat besluit het om sy liefde vir hierdie gewilde realiteitstelevisieprogram te kombineer met sy hart om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

Bill en sy vrou, Susan, is Amerikaners wat sedert 2004 in Suid-Afrika woon, toe hulle uit Pennsilvanië die roeping na Suid-Afrika ontvang het om as sendelinge te dien — hoofsaaklik in die bediening wat met weeskinders en kwesbaar kinders in die township-gebiede werk.

Hulle het vier jaar as vrywilligers saam met verskillende Suid-Afrikaanse NRO’s gewerk, meestal in die Johannesburgse metropolitaanse omgewing, om ervaring op te doen en die land se kultuur beter te leer. Van 2008 tot 2012 het hulle saam met die Suid-Afrikaanse NRO’s begin werk om bykomende geestelike, menslike en finansiële hulpbronne te voorsien met die doel om die plaaslike NRO’s te bemagtig sodat hulle hul gemeenskappe beter kan dien.

In 2012 is besluit om ‘n sentrum vir onderrig, opleiding en hulpbronne te ontwikkel om plaaslike gemeenskapslede op te lei, te bemagtig en in staat te stel om hul gemeenskappe te dien. Die sentrum is in Ikageng, net buite Potchefstroom, opgerig.

Vir Weibel is die Battle of The Bush ‘n fondsinsamelingsgeleentheid vir liefdadigheid ten bate van Naledi Christian Academy, ’n privaat kleuterskool en laerskool vir minderbevoorregte kinders in Ikageng Uitbreiding 11. Tans is daar 111 kinders by Naledi se kleuterskool en laerskool ingeskryf, waar hulle Christelike onderwys van die hoogste gehalte, ‘n plek van veiligheid, voedselsekuriteit (twee warm voedsame maaltye per dag), liefde en sorg ontvang.

Die skool is tans halfpad deur ‘n bouveldtog om die geriewe uit te brei om tot 300 kinders te akkommodeer. Benewens die voorsiening vir die kinders, het die skool 20 werksgeleenthede vir inwoners van die gemeenskap geskep en wanneer die bouveldtog voltooi is, word verwag dat 40 mense voltyds in diens van die skool sal wees.

Dit is juis om hierdie rede dat Weibel die Battle of The Bush uitgedink het en na die Amerikaanse en Suid-Afrikaanse Survivor-gemeenskappe uitgereik het om te help om mense bewus te maak van die behoeftes van die Naledi Christian Academy .


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.