Deur: Errol Naidoo
Bron: familypolicyinstitute.com

Op 27 April 2021 het Suid-Afrika die 27ste herdenking van sy eerste demokratiese verkiesing gevier. Die dag staan ook bekend as Vryheidsdag. Dit is tragies dat hoewel die demokratiese bedeling die apartheidstelsel verwyder het, die land se burgers nou “vry” is om die onregte van endemiese korrupsie, politieke manipulasie en die erosie van fundamentele vryhede te ly.

Die wil om burgers se regte en vryhede wat in die Grondwet verskans is, te beveilig en te handhaaf, hang geheel en al van die regering af. As ’n mens kyk na die ANC-regering se prestasies in die verlede is dit duidelik dat burgers nie die regering kan vertrou om burgerlike menseregte en vryhede te verdedig, te beskerm en te handhaaf nie. Ons moet dit dus self doen.

Family Policy Institute (FPI) het ten doel om geloof, die gesin en godsdiensvryhede in Suid-Afrika te verdedig. Ons gaan onverpoosd voort om die aanslag op die Christelike geloof, die natuurlike gesin en godsdiensvryheid te konfronteer.

Een so ‘n aanslag is die agenda om die huwelik te herdefinieer sodat dit huwelike tussen mense van dieselfde geslag en ook transgendermense insluit. Dit sal die huwelik as die uitsluitlike verbintenis tussen ’n man en ’n vrou effektief afskaf. Gelowige huweliksbeamptes sal deur die wet verplig word om huwelike te beëdig wat indruis teen die beamptes se gewete en oortuigings. Ons werk hard daaraan om die Kerk teen hierdie bedreiging van die huwelik te mobiliseer.

President Ramaphosa se kabinet het die voorleggings oor die nuwe Wet op die Huwelik vir openbare raadpleging goedgekeur. Gelykheid en waardigheid is gonswoorde wat gebruik word om hierdie wet te aanvaar, al beteken dit dat die regering hiermee ‘n burgerlike instelling wat die menslike beskawing vir millennia gedien het, devalueer.

Jy kan steeds ’n voorlegging by die Suid-Afrikaanse Regshervorming indien teen 17 Mei 2021, Rig dit vir aandag aan: Pierre Van Wyk by pvanwyk@justice.gov.za

Onthou dat FPI se sukses afhang van vennootskappe met Christene soos jy. Antigesinsgroepe word goed gefinansier deur linkse organisasies en miljardêrs. Maar die belangrike werk van FPI hang heeltemal af van die finansiële ondersteuning van ons vriende en vennote in hierdie bediening.

Tans staar Christene in Suid-Afrika groot bedreigings teen ons geloof, die natuurlike gesin en godsdiensvryhede in die gesig. Ons het jou gebede en finansiële ondersteuning nodig om hierdie skadelike agendas bloot te lê en om die Christelike gemeenskap betroubaar in te lig en toe te rus om hierdie aanslae te verslaan.

Ons regering is besig om ons fundamentele vryhede, veral Bybelse oortuigings, ernstig te ondermyn. Die Wysigingswetsontwerp op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie sal die godsdiensvryhede van individue, godsdiensinstellings en selfs organisasies soos FPI ernstig bedreig en inperk.

Hierdie voorgestelde wet is oop vir openbare kommentaar. Lees asseblief meer oor die agtergrond daarvan hier.

FPI werk hard om die Omvattende Seksualiteitvoorligtingsprogram (CSE) in Suid-Afrika teen te staan. Ons het Smart Choices bekendgestel as ‘n veilige en gesonde alternatief vir die gevaarlike seksuele indoktrinasie van CSE. Kry meer inligting hier.

Aktiviste vir seksuele regte het pogings aangewend om die Bybel te kriminaliseer. Hulle beskuldig die kerk herhaaldelik vir aanvalle op LGBTQ-burgers. Hulle beweer: “Pastore het bloed aan hul hande”’ en eis dat die drakoniese Wetsontwerp op Haatmisdade dringend aanvaar moet word.

Ons het ’n strategie om hulle in hul spore te stuit , maar ons het jou gebede en vennootskap nodig om hierdie en ander aanslae op ons Bybelse waardes en vryhede bloot te lê en te verslaan.

Skaar jou by FPI. Besoek ons webtuiste om te sien hoe jy ons kan help om hierdie stryd voor te sit. familypolicyinstitute.com


29 April 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.