-deur Errol Naidoo

Bron: Artikel verskaf

18 September 2019

Suid-Afrika is die afgelope paar weke deur gewelddadige onrus geteister. Nuuskanale het beeldmateriaal uitgesaai van brandende geboue, geplunderde afleweringsvoertuie en die ergste – mense wat lewend verbrand word. Buitelanders is weer eens geteiken en deur gewapende skares mense aangeval. Winkels is tot op die grond afgebrand nadat dit geplunder.

Terselfdertyd was daar die ontstellende nuus oor die verkragting en moord op verskeie jong vroue. Hoewel hierdie gruwelike misdade die hoofopskrifte gehaal het, is die hoë persentasie van verkragtings, mishandeling van vroue en kinders en die geweld teen hulle niks nuuts in Suid-Afrika nie.

Die onlangse skerp toename in seksuele geweld en moorde op jong vroue het tot verontwaardiging en ’n vlaag betogings oral in die land gelei. Betogers het Vrydag 13 September die Sandton-sakegebied in JHB geblokkeer en geëis dat genoteerde maatskappye van die Johannesburgse aandelebeurs (JSE) 2% van die winste toeken om geweld teen vroue te beveg.

Selfs as maatskappye hierdie fondse voorsien, waar sal dit spandeer word? Waarom verkrag en vermoor mans vroue en kinders? Suid-Afrika het uitgebreide wette teen verkragting, aanranding, mishandeling, seksuele uitbuiting, mensehandel, poging tot moord, moord, ens.

Navorsing dui daarop dat die meeste van die sosiale probleme waarmee ons te kampe het, verband hou met die verbrokkeling van die gesin. Die meerderheid seuns in Suid-Afrika word in vaderlose huise groot. Gevolglik het hulle geen idee om ’n verantwoordelike man te wees of hoe ’n normale verhouding tussen ’n man en vrou lyk nie.

Die bendes wat Wes-Kaapse gemeenskappe teister, is hoofsaaklik die produk van vaderlose huise en wanfunksionele gesinne. Die streng grense en geordende struktuur van bendes dien as ’n alternatief vir gebroke en wanfunksionele gesinne. Die bendes bied jong mans ’n gevoel van identiteit en dat hulle êrens behoort. Dit gee hulle ’n doel in die lewe – alles dinge wat hulle nie in ’n vaderlose huis ontvang nie.

Slegs 35% kinders in Suid-Afrika woon by beide biologiese ouers. Vaderlose huise is ’n nasionale plaag wat nie deur enige regeringsprogramme of geld reggestel kan word nie. As mans hul kinders en huishouding verwaarloos en agterlaat, moet die weermag by gemeenskappe inbeweeg om wet en orde te handhaaf.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.